“Ek moes in ’n studenteproduksie buite Kaapstad optree en Regardt (van den Bergh) het my by die lughawe kom haal. Regardt het nie geweet waar die plek is waar die stuk geskiet word nie. Ons moes grondpad ry en ná ’n sekere aantal kilometers afdraai. Pleks daarvan om die kilometers dop te hou, kon hy aan niks anders dink as hoe hy my gaan plattrek en soen nie. Ons moes die grondpad van voor af aandurf – toe vergeet hy wéér om die kilo’s te tel!

‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016