“In ons jong dae was daar nie televisie nie. Ons het voor ons troue reeds op Sondagmiddae voor die radio op die mat gaan lê en na U eie keuse geluister – pragtige klasieke en ligte klassieke musiek. Ons doen dit vandag nog. PretoriaFM speel Sondae die mooiste musiek en ons het elkeen ’n groot leerstoel waarin ons kan slaap as die vaak ons oorval (ons sukkel deesdae om op die mat te kom). Ons raak steeds nostalgies oor die pragtige musiek.”

‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016