“Ek en Del het aan die musiekblyspel Footloose gewerk. Dit was die meeste pret wat ons nog saam gehad het. Vyf jaar later het ek haar gevra om saam met my op ’n afspraak te gaan. Die volgende dag het ek vir haar ’n SMS gestuur om dankie te sê vir ’n lekker aand, maar sy het eers ’n week later die boodskap gekry omdat haar selfoon stukkend was. Ons is vandag gelukkig getroud, te danke aan ’n SMS-boodskap wat sy eers ’n week later gekry het!”

(Rudy speel in die rolprent Moord en bloed, wat tans vertoon word.)

‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016