“Ek en my man, Andre Velts, is vir ons wittebrood Europa toe. Ek wou graag na die Moulin Rouge in Parys gaan. Konserwatiewe Afrikaanse meisie wat ek is, het ek gedink dis soos die sirkus, net beter. Maar toe die meisies bostukloos op die verhoog kom, kyk ek en my man na mekaar en bars uit van die lag. Ons besef toe eers hoekom dit eksklusief en vrek duur is. Ek spot my man vandag nog dat hy ’n wonderlike wittebrood gehad het, want hy het ’n hele paar ekstra borste gesien!”

(Juanita speel in Die ontwaking, wat tans landwyd te sien is.)

‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016