“An overindulgence of anything, even something as pure as water, can intoxicate.” Criss Jami

Die vakansie seisoen is eindelik hier en dit word tipies gekenmerk deur te veel drinkery, te veel etery, te veel dosering… eenvoudig net te veel! Oormatigheid verwys na ’n onfatsoenlike oormaat, afwesigheid van selfbeheersing, waar jy konstant eet, en veroorskaak dus ’n ongebalanseerde liggaam, siel, en gees. Dit kan, onder andere, lei tot ’n ernstige nood van die spysverteringstelsel wat as ‘n slegte spysvertering, swelling, gas, winderigheid, sooibrand, en suur manifesteer.

Die vakansies en feesvieringe reg oor die wêreld is dikwels ’n herdenking wat die einde van ’n belangrike mylpaal aandui soos die skooltermyn, Paasfees en nog vele meer.

Families, vriende, kollegas en gemeenskappe kom bymekaar om te deel in hulle geloof, gebruiklike roetines, en smaaklike maaltye van braai tot sosiale en werkspartytjies en buffet etes met al die tradisionele ekstras. Jy kan gewoonlik ’n paar keer van die gevulde kalkoen gaan opskep, asook die ryk en soet nageregte, die vleishappies, die warm gemarineerde vleise of die rum gevulde eggnog.

Die gevolg van hierdie oormatige leefstyl tydens die vakansie seison is, soos mediese kenner dit noem, die “ontspanning siekte”. Wanneer jy ernstig siek raak tydens die vakansie.

Die resulterende gewigstoename en dieet wanbestuur van vakansie oormatigheid kan jou verder in gevaar stel vir diabetes, hoë bloeddruk, hart kwale, hoë cholesterol en vele ander kwale. Wees voorbereid en maak verantwoordelike besluite, sodat jou vakansie lekker en vrolik kan wees.

Die leefstyl drieklank van balans, verskeidenheid en matigheid in alle dinge, is die mees belangrike ideaal in die strewe na gesondheid en welstand. Met dit kan jou gesondheid en welstand ook in die vakansie floreer – dit is ’n belofte!

Het jy geweet:

1. Sooibrand word veroorsaak deur ’n tekort aan maagsuur eerder as te veel
2. Suur blok medikasie verskans die simptome van sooibrand tydelik, maar spreek nie die werklike onderliggende oorsaak aan nie.

Gee jouself die geskenk van welsyn tydens die vakansie. Raak betrokke en ondersteun die HOLIDAY SEASON WELLNESS uitdaging. Deel die welsyn belofte boodskap wat jy beloof om na te kom gedurende vakansiepartytjies- en geleenthede.