Dis een van die lekkerste dinge wat jy en jou maat kan doen! Maar vir ’n goeie soen om op tot sy reg te kom, is ’n vars asem onontbeerlik!

TheraBreath is ’n orale sorgsisteem wat meer as 20 jaar gelede by die California Breath Clinics ontwikkel is en het sedertdien een van die vyfde grootste tandsorgmaatsakppye in die VSA en die grootste privaat tandsorgvervaardiger in Amerika geword – met miljoene mense wat dit daagliks wêreldwyd gebruik.

Wat TheraBreath produkte so uniek maak, is die feit dat dit kieme aanval wat slegte asem veroorsaak. TheraBreath is uiters effektief as dit kom by die beheer van bakterieë wat ’n onwelriekende asem veroorsaak. Die uitgebreide reeks bevat produkte wat spesifieke probleme soos tandvleissiektes en vergeelde tande teiken.

Die brein agter TheraBreath produkte, Dr. Harold Katz, het al tienduisende pasiënte suksesvol deur sy klinieke behandel en miljoene mense in 98 lande het die TheraBreath-stelsel formules gebruik om slegte asem te keer. Die produkte is gebaseer op OXTD-8TM. ’n baie sterk, maar ook baie veilige, pH gebalanseerde formule wat slegte asem beheer.

Hoekom TheraBreath?
1. Dit bevat OXTD-8, die aktiewe bestanddeel wat gestabiliseer is en suurstofgewende (oxygenating) krag genereer sodra dit jou mond binnegaan. Die bakterieë wat slegte asem veroorsaak is anaerobies – dit kan nie in ’n suurstofryke omgewing oorleef nie. Die krag van OXTD-8 vernietig slegte asem onmiddellik.
2. TheraBreath is die mees veelsydige behandelingstelsel vir ’n slegte asem. Dit bevat orale spoelmiddel, tandepasta, suigtablette, mondsproei, asemdruppels, suurstofgewende kougom en meer – alles ontwerp om die wortel van die probleem (sonder enige ongerief) uit te roei.
3. TheraBreath Tandepasta bevat Sodium Fluoried wat tandbederf beveg. Fluoried het ook ’n desensiterende agent. Van die ander Anti-Halitose-stelsels bevat hoegenaamd geen Fluoried nie. Maak dus seker, vóór jy enige anti-Halitose produk gebruik, dat dit Fluoried bevat (Fluoriedvrye tandepasta is egter ook beskikbaar).
4. Die tandepasta bevat nie sakkarien of Sodium Lauryl Sulfaat nie. Dié bestanddele kan ’n nadelige effek hê deurdat eersgenoemde ’n karsinogenniese effek onder laboratoriumdiere getoon het en laasgenoemde verbind word met kankersere. Dit bevat ook nie die nasmaak wat sakkarien geneig is om te laat nie. Dit is boonop heeltemal veilig vir diabete om te gebruik!
5. TheraBreath Tandepasta is eintlik ’n jel. Jel bevat kleiner molekules as pastas, wat dieper penetrasie onder die tong se oppervlak toelaat. TheraBreath tandepasta bevat bestanddele wat die tande politoer en bleik sodat jou glimlag wit en mooi lyk sonder dat dit beskadig word deur growwe skuurmiddels. Dit is dierevriendelik en omgewingsvriendelik.

Julle hoef dus nie mekaar te ontwyk uit vrees vir ’n slegte asem nie. Met Therabreath kan jy en manlief heeldag vry, sonder voorbehoud!

Eksklusiewe aanbod: INTIEM lesers kry 15% afslag op die TheraBreath Confidence Pack, bestaande uit een TheraBreath tandepasta, een TheraBreath orale mondspoelmiddel,1 houer TheraBreath Mandarin suigtablette en een tongskoonmaker, wat alles ingespan kan word vir ’n vars asem. Gebruik die koopbewyskode: INTIEM wanneer jy jou aankoop voltooi vir jou 15% afslag.

• Die stellings is nie deur die Food and Drug Administration ge-evalueer nie. Die produk word ook nie bedoel om enige siekte te diagnoseer, te behandel, te genees of te voorkom nie.