Julle is reg vir ’n quickie of ’n uitgerekte dirty weekend, en INTIEM vertel julle gereeld hoe om dit te doen, maar die vraag is wáár?

Deur: Anja van den Berg

Julle het al kreatief probeer raak met venues buite die lakens, maar elke keer as julle probeer, tugtig die hotelpersoneel of die oord se wag julle! Ons het gaan vasstel watter plekke ideaal is vir ’n stoute episode . . . of drie.

  1. ’n Tent vir twee

VIR: ’n Dirty weekend

Kampering was nog nooit so sexy nie! Geen kinders en geen skoonma’s word toegelaat op hierdie nie-familievriendelike naweek in die buitelug nie. Neem jul slaapsakke (of selfs net een!), pak eetgoed wat min moeite verg om voor te berei en moenie die bottel vonkelwyn vergeet nie. Kies koers in Tietiesbaai se rigting – wat ’n gepaste naam vir julle uitstappie – en slaan tent op by ’n afgeleë plekkie tussen die rotse. Die golwe is agtergrondmusiek en gee die pas aan vir julle stomende liefde.

As julle in die bui is vir kamp, maar nie werklik lus is vir die voorbereiding wat daarmee gepaard gaan nie, bespreek ’n luukse tent by Kwafubesi Tented Safari Camp. Hierdie romantiese wegbreekplek in die Limpopo-Bosveld spog boonop met ’n spa. Geniet die voordele van die buitelug saam met die bederf van luukse geriewe . . . die beste van beide wêrelde!

  1. Jou man se lessenaar

VIR: ’n Quickie

Bel jou man se sekretaresse en maak ’n afspraak – maak seker jy noem dat dit dringend en persoonlik is, en dat julle nie gesteur mag word nie. Ontmoet hom op die afgespreekte tyd in sy kantoor en sluit die deur agter julle. Hy is natuurlik teen hierdie tyd baie bekommerd. Wat op aarde is die probleem? Wel, sê jy, jy het ’n kritieke toestand onder lede . . . jy kry warm, só warm, en jy het hartkloppings, jy voel lighoofdig, want jy het onttrekkingsimptome van sy hande op jou. Jy glip jou jassie oor jou skouers en gee hom byna ’n hartstilstand met wat jy onder aanhet. La Senza se nuutste kantnommertjies is intens genoeg om enige kwynende huwelik weer aan die gang te skop. Jou man sal nooit weer dieselfde na sy lessenaar kyk nie.

Nog 4 “quickie venues” is beskikbaar in die volledige artikel

Lees die volledige artikel in die Feb Maart 2016 Uitgawe van INTIEM Tydskrif, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016