‘n Bloeiende neus kan dramaties en angswekkend wees vir beide volwassenes en kinders.

Gelukkig is nie alle neusbloedings ernstig nie, en kan dit redelik maklik beheer word – veral met Nozohaem™ Neusjel.

Die neus bevat baie bloedvaatjies. Hierdie bloedvaatjies wat aan die voor- en agterkant van die neusoppervlak voorkom, is delikaat en kan maklik bloei. Daar is twee soorte neusbloedings – ‘n anterior en ‘n posterior neusbloeding: ‘n Anterior neusbloeding kom voor wanneer die bloedvaatjies voor in die neus breek en bloei, en is die mees algemene neusbloeding wat voorkom. ‘n Posterior neusbloeiding kom in die agterste en dieper dele van die neus voor. In hierdie geval kan bloed in die keel afloop. Posterior neusbloedings kom nie so gereeld voor nie, maar kan ernstig wees.

Neusbloedings word meestal deur trauma of ‘n besering aan die neus veroorsaak. Trauma aan die buitekant van die neus deur ‘n stamp in die gesig (byvoorbeeld tydens ‘n sportaktiwiteit) of trauma aan die binnekant van die neus deur dit te vryf of daarin te krap, kan dikwels veroorsaak dat dit begin bloei.

Bloeding van die neus kan ook deur die volgende veroorsaak word:

– Inflammasie van die neus as gevolg van allergie
– Die newe-effekte van sekere medisyne – bv. steroïde of medisyne vir allergie wat in die neus toegedien word
– Oormatige droogheid van die neus
– As die neus gereeld hard geblaas word

Soms kan ‘n onderliggende siekte veroorsaak dat die neus gereeld bloei. As u neus gereeld bloei of as u medikasie gebruik wat u bloed verdun, moet u asseblief ‘n gesondheidsorgdeskundige raadpleeg.

Wat is Nozohaem™?

Nozohaem™ is ‘n deursigtige neusjel wat neusbloeding stop. Die jel veroorsaak ligte drukking op die bloeiende vate in die neus, wat dan die bloeding stop.

Hoe werk Nozohaem™?

Nozohaem™ bevat glisien en kalsium – bestanddele wat saamwerk om bloeding van die neus effektief te stop. Glisien is ‘n aminosuur wat deur die liggaam gemaak word om proteïene te vorm. Bindweefsel (kollageen) is so ‘n proteïen wat baie glisien bevat en is nodig om te verseker dat bloedplaatjies effektief werk en bloeding verminder. Kalsium kom ook oral in die liggaam voor. Glisien en Kalsium bevorder dus koagulasie (bloedstolling).

Wie kan Nozohaem™ gebruik?

Nozohaem™ kan deur volwassenes en kinders van twee jarige ouderdom gebruik word. Mense wat aan aanhoudende neusbloedings ly, het gewoonlik delikate bloedvate in hul neuse. As gevolg hiervan kan die moontlikheid nie uitgesluit word dat die probleem kan terugkeer na `n behandeling met Nozohaem™ nie. Dit is altyd ‘n goeie idee om Nozohaem™ byderhand te hou vir ingeval ‘n neusbloeding mag voorkom.

Die meeste neusbloedings het nie mediese aandag nodig nie en kan behandel word met Nozohaem™ Neusjel. Dit word wel aanbeveel om mediese hulp te soek wanneer ‘n neusbloeding langer as 20 minute duur of na ‘n besering. Dit kan ‘n teken wees van ‘n posterior neusbloeding wat ernstig kan wees.

Nozohaem™ Neusjel is beskikbaar by u naaste apteek.
Vir meer inligting gaan na www.actorpharma.co.za