Is jy en jou maat lus om jul hand aan seksspeelgoed te waag? Gelukkig is die dae van donker winkels in weggesteekte stegies verby en kan jy na hartelus in die privaatheid van jou eie huis soek tot jy kry wat jy wil hê…

Ons stem heeltemal saam – seksspeelgoed is intimiderend! Van dié nommertjies wat jou laat ineenkrimp van blote ongemak tot dié waarvan jy geen kop of stert kan uitmaak nie! Vir elke paartjie wat dink iets soos masseer-olie is ‘n stretch, is daar ‘n paartjie wat verveeld is met boeie en leer-riempie-onderklere. Ons het gaan snuffel en iets vir elke vlak ontdek. Van die mak hasies onder ons tot die wilde tiere!

1. WIE IS JULLE? “Botter kan nie ons monde smelt nie”

Jy en jou maat is stroopsoet. Julle hou van die sendelingposisie en nie té veel verrassings in die slaapkamer nie. Seksspeelgoed is ‘n ‘n splinternuwe uitdaging…

BEPROEF OPSIE 1: Pjur Water-based lubricant van Desir.co.za
WAARVOOR? Quickies en sensasionele seks!
WAT IS DIT? ‘n Watergebasserde smeermiddel van gehalte-bestanddele wat veilig is vir gebruik saam met kondome. Dis allergeen-bestand, reukloos, smaakloos en maklik om skoon te maak.

BEPROEF OPSIE 2: Honey Almond Aromatherapy All Natural Massage Oil van Desir.co.za
WAARVOOR? Intieme, sensuele masserings.
WAT IS DIT? ‘n Masseer-olie met ‘n amandel-olie basis. Dit bevat organiese ekstrak om spierpyn te verlig en het ‘n spesery-reuk. Gebruik dit as ‘n sensuele masseer-olie of voeg dit by jul bad.

2. WIE IS JULLE? “Ons is nuuskerig en opwindend, maar versigtig”

Jy en jou maat hou van eksperimenteer in die slaapkamer. Julle is lus vir iets buite jul gemaksone, maar nie té mal nie. En julle is só bang julle koop verkeerd…

BEPROEF OPSIE 1: Desir se Date Night Sexy Surprise Gift Box for Couples (S,M,L).
WAARVOOR? Inspirasie en opwinding
WAT IS DIT? ‘n Verrassingspakkie wat saamgestel word deur ‘n keur van Desir se gewildste produkte. Jy kan dit koop in klein, medium en groot, na gelang van jul begroting en behoefte. Hoe groter die boks, hoe meer die verrassings!

BEPROEF OPSIE 2: The Liberty, van Womanizer (verkrygbaar by Desir.co.za)
WAARVOOR? Klitorale stimulasie met deurbraak-tegnologie
WAT IS DIT? ‘n Klein, liggewig klitorale stimuleerder met ‘n stil motor en ‘n unieke omhulsel. Air Pleasure tegnologie stimuleer die klitoris deur skaars daaraan te raak en gee jou ‘n kragtige orgasme in ‘n kort rukkie. Die houertjie wat toemaak sien toe dat jy dié speelding higiënies en diskreet kan vervoer. Een keer se laai gee jou 120 minute se plesier (met ses vlakke van intensiteit).

3. WIE IS JULLE? “Ons is alles gewoond en seksspeelgoed is vir ons niks nuuts nie”

Jy en jou maat is ‘n Tarzan en Jane! Julle hou van ‘n uitdaging, skrik nie vir dít wat ander laat bloos nie en het al reeds ‘n hele paar items in jul sekskissie…

BEPROEF OPSIE 1:Principles of Lust Romantic Couples Kit – Fifty Shades Darker (verkrygbaar by Desir.co.za)
WAARVOOR? Sensasie-spel
WAT IS DIT? ‘n Erotiese pakkie, wat sysagte handboeie, ‘n blinddoek, ‘n vere tickler, vingervibreerder en ‘n penisring insluit – perfek vir daardie romantiese naweek weg…

BEPROEF OPSIE 2: Die Noa van Lelo (verkrygbaar by Desir.co.za)
WAARVOOR? Gelyktydige orgasme
WAT IS DIT? Die vibrator word deur haar gedra met die ‘stertkant’ in die vagina en die buitenste arm wat bo-op die klitoris rus. Daar is ses verskillende vibrasie-stellings. Die binneste arm is klein genoeg sodat hy haar ook kan penetreer. Die toestel is herlaaibaar, waterbestand en veelsydig.

Besoek www.desir.co.za vir meer inligting en kry ook R200 AFSLAG vir aankope van R500 of meer!