Bestanddele:

– 250 ml bruismeel
– knippie sout
– 2 eier
– 50 ml melk
– 100 ml gesmelte botter
– 60-75 ml kaneelsuiker
– water vir kook, met 2 teelepels koekmeel, 2 teelepels olie en ‘n knippie sout

Stappe:

1. Maak ‘n groot (wye) pot half vol water, voeg 2 teelepels koekmeel, 2 teelepels olie en ‘n knippie sout by en laat stadig prut.
2. Terwyl die water kook, meng die eiers, melk en 50 ml botter. Voeg nou die bruismeel en knippie sout by. Meng tot dit ‘n dik beslag vorm. Moenie te veel meng nie.
3. Drup ‘n lepelvol van die beslag in die water. (As jou pot groot genoeg is, kan jy al die souskluitjies op een slag gaarmaak). Laat prut op lae hitte vir 10 minute, bedek, en maak seker dat die mengsel nie oorkook nie. Hou die temperatuur dop sodat dit stadig prut, maar moenie te gereeld die deksel oplig nie!
4. Haal die kluitjies met ‘n gaatjieslepel uit en rangskik in ‘n opdienbak. Sprinkel goed met die kaneelsuiker (maak seker dis genoeg omdat die kluitjie beslag nie versoet is nie) en drip die res van die botter oor. Laat staan vir 5 minute om die suiker tyd te gee om te smelt en bedien dan dadelik.
(Resep deur Ilse van theprettyblog.com)