As jy nog nie oortuig is van die feit dat orale seks ’n goeie idee is nie, is ’n inkopietog by Matildas.co.za dalk al wat jy nodig het om jou van plan te laat verander. Gebruik hierdie wenke en beoordeel orale seks van voor af.

1. Lek jou lippe af . . . Lipglans laat ’n mens sexy voel. ’n Aarbeigegeurde produk soos dié van Excsens verleen addisionele geur en sensasie aan orale seks. Dit bied intense sensasies wat wissel tussen verkoeling en verhitting, wat jou maat hoendervleis sal gee! Dis geensins taai nie en suiker- en kleurvry.

2. Maak dit smaaklik. Met Durex se gegeurde kondome (daar is twaalf in ’n pakkie) kan jou sekslewe soos ’n vrugtemandjie klink! Besluit waarvoor jy lus is: Piesang, aarbei, lemoen of mintgeur. As jy só ’n kondoom in jou sekslewe inkorporeer, sal jy nie twee keer dink oor hoe lekker orale seks nou eintlik kan wees nie!

3. Yummy smeermiddel. As jy nog nie die waarde van smeermiddel ontdek het nie, is dit hoog tyd dat jy dit doen! Dit is ideaal vir ’n quickie, sowel as vir marathon-seks. Gebruik gegeurde smeermiddel tydens orale seks en jy trek nie net voordeel uit die smeermiddel nie, maar voeg ook kulinêre genot by die orale seksdaad. Kies uit geure soos kersie, appel en tropiese vrugte.

4. Speel Picasso. Maak van manlief se . . . eh . . . meesterstuk ’n sjokolade-meesterstuk! Gebruik sjokolade-lyfverf en skryf stoute gedigte, teken harte of skep graffiti op sy penis. Nie net gaan jou maat die sensasie van die skilderwerk geniet nie – jy gaan dit selfs meer geniet om jou “verf” weer af te lek!

5. Al van ’n penisring gehoor? Malesation het ’n stel van drie penisringe wat manlief aan Junior kan glip vir addisionele genot! Dit word gemaak van rekkerige, sagte materiaal en elk het ’n unieke ontwerp. Omdat die (2,5cm in diameter) ringe kan rek, kan dit maklik aan -en afgeglip word. Die unieke styl van elke ring gee kurwes en rante wat seks baie interessant kan maak! Wanneer dit by orale seks kom, knibbel en draai die penisring met jou tande vir ’n onverwagse element vir hom . . . én vir jou!

6. Wriemelende vingers. Wanneer orale seks ter sprake is, is dit belangrik om nie te vergeet om van ál jou wapens gebruik te maak nie. Die Spunky Bunny vinger vibrator is ’n klein vingervibrator wat aan jou vinger gedra word. Hoewel dit klein is, moet dié instrumentjie se krag nie onderskat word nie. Met die druk van ’n knoppie kan julle albei méér kry as waarop julle gereken het. Die vinger vibrator het 5 stellings-moontlikhede en bestaan uit ’n luukse mediese graad silikoonmateriaal. Laai dit met ’n USB-laaier en kry twee ure se genot op ’n slag! Die hasie se ore en kop is waterdig. Manlief kan dit op haar borste en klitoris gebruik en vroulief kan dit gedurende oral seks vir sy tweeling inspan.

7. Sexy voorbereiding. Voel jy bietjie vaal? Skaf een van Matildas se sexy broekies aan en net jy sal weet! (En natuurlik manlief wanneer jy dit in sy oor fluister of gedurende date night daarvan ontslae raak en in sy sak sit!) Die Imagine swart kantbroekie, Touch Me sagte kantbroekie, Tie Up lint- en kantbroekie en Night Open Back kantbroekie is net sommige van die sexy broekies waaruit jy kan kies. Daar is ook unieke ontwerpe, ideaal vir orale seks!

Koop hierdie items by Matildas.co.za.

Onthou dat seksspeelgoed vir baie paartjies ’n wonderlike toevoeging tot hul sekslewe kan wees, terwyl ander paartjies glad nie aanklank hierby sal vind nie, of bloot sal voel dat hulle dit nie nodig het nie. Die gebruik van seksspeelgoed in jou huwelik is ’n persoonlike keuse wat jy en jou maat saam behoort te maak.