By Vencasa word die slaapkamer as ’n heilige ruimte beskou. Dit is ons veilige hawe van die alledaagse druk van die wêreld. Dit is ’n plek waar ons wegbreek om ons batterye te herlaai, ons energie te herfokus en werklik voor te berei vir die warboel van die dag wat voorlê.

Vir getroude paartjies is die slaapkamer ’n veilige hawe vir twee en neem dus groter betekenis en belangrikheid aan.

Gee hierdie spasie (en jou huweliksgeluk) die aandag wat dit verdien en neem die volgende advies ter harte.

Laat Vencasa jou help om ’n slaapkamer voor te berei vir langdurige geluk.

Wees versigtig wanneer julle ’n matras kies (en kies een saam)

Daar is nie ’n beter manier om ’n matras te kies as om self een uit te toets nie.
Trek gemaklike klere aan en vat jou beter helfte saam na jul naaste Vencasa winkel. Ontvang die kennersadvies van hul toegewyde personeel en beproef een van die verskeie demo modelle wat die vertoonlokaal versier.

Onthou dat kompromieë die kern van huwelike vorm, en beide jy en jou eggenoot moet gelukkig wees met julle nuwe bed vir baie, baie jare vorentoe – julle wil die besluit nie afjaag nie en julle moet mekaar se voorkeure in oorweging neem.

As Vencasa se uitgebreide reeks van matrasse, vanaf die bekende handelsmerke soos Tempur en Sealy, nie ’n voldoende kompromie tussen jou en jou eggenoot se smake teweeg bring nie, doen navraag oor die Dual Core matrasse van Magniflex. Die innoverende tegnologie wat gebruik is om hierdie matrasse te maak beteken dat julle huweliksgeluk in die bed kan vind waarvan beide kante ’n ander fermheid bied – julle kan albei op ’n bed slaap wat perfek by julle pas.

Hierdie is die beste tipe kompromië; een wat vir almal gee wat hulle wil hê!

Ontwikkel die regte atmosfeer

Daar is meer aan ’n slaapkamer as net die bed en Vencasa bied ’n groot reeks meubels en dekor waarmee julle jul estetiese smaak kan komplimenteer en ook daai persoonlike flair kan bylas wat julle slaapkamer werklik en uniek julle s’n maak.

Of julle voorkeur nou ’n kalmerende grys, room en wit of meer waaghalsige boheemse spatsels van rooi en oranje is, Vencasa kan in julle voorkeur voorsien met klassieke, top-gehalte dog bekostigbare bykomstighede en meubels.

Onthou dat jy en jou eggenoot saam by ’n finale besluit moet kom oor die styl van julle slaapkamer.
Dit is tog julle gedeelde veilige hawe en dit moet die individu in beide van julle reflekteer asook ’n verteenwoordiger wees van die eenheid wat julle geskep het.

Vra Vencasa hoe
Besoek gerus Vencasa by winkel MM17 in Hyde Park Corner, of by winkel G336 in Tabel Bay. Ontmoet hulle toegewyde personeel en loer na die Tempur, Magniflex en Sealy reeks (om nie eers te praat van hul eie Vencasa reeks).
Vra die personeel vir hulp en laat hulle jou deur ’n slaap oplossing help wat in jou en jou eggenoot se spesifieke behoeftes voorsien.

www.vencasa.co.za
0861 60 60 60
011 825 0351