As jy en jou geliefde wil ontsnap van jul besige lewe en luilekker wil ontspan terwyl julle van kop tot toon bederf word, is ’n luukse bootreis nét wat julle nodig het. Met onvergeetlike sonsondergange oor die blou water, maanlignagte, privaat suites en al die koue vonkelwyn wat jy wil hê, is dit asof bootreise gemaak is vir romanse.

As jy op soek is na die perfekte wegbreekkans vir jou en jou geliefde, is ’n bootreiservaring met Regent Seven Seas alles waaroor jy kan droom en méér. Dit is ’n wonderlike allesinsluitende, luukse passasierskipmaatskappy met ’n vloot van kleiner, meer intieme skepe wat na meer as 450 hawes oor die wêreld heen reis, van die Mediterreense see tot die Karibiese see en selfs die Amasone, maar natuurlik gaan dit by Regent nie nét oor die bestemming nie.

Afspraak aangeteken!
Wanneer jy vir die eerste keer aan boord stap, sal dit liefde met die eerste oogopslag wees. Los jou bekommernisse tuis soos wat julle elke oomblik geniet, van die Canyon Ranch privaat spa tot by die swembad op die boonste dek. Gholf-liefhebbers kan hul houe by die gholfnette kom oefen en beurte maak by die putjies met hul uitsig oor die oseaan of maak ná skemer ’n draai by die casino vir ’n bietjie pret. Geniet die atmosfeer van die naglewe se vermaak en die lewendige kabaretvertonings. Geniet julself gate uit!

Ete vir twee, asseblief
As julle kosfanatici is, kan julle ’n opsionele kookklas deur Culinary Arts Kitchen doen saam met ’n kosspesialis wat praktiese instruksies deel of gaan eet by ’n tafel vir twee by een van die restaurante aan boord. Dalk wil julle ’n ontspanne maaltyd geniet by die Sette Mari at La Veranda, terwyl julle uitkyk oor die blou oseaan of miskien is julle lus om by die gesofistikeerde Prime 7 aan te sit vir ’n deftige ete. Julle sal nie teleurgestel word nie en die opsies is oorgenoeg.

’n Kamer met ’n uitsig
Met stylvolle en moderne suites met absolute gemak en privaatheid in gedagte, is dit maklik om te sien waarom die Regent-skepe so gewild is onder paartjies én wittebroodspare. Daar is geen beter plek waar jy ná ’n lang dag van ontdekking kan ontspan nie. Wat meer kan jy vra met voordele soos 24-uur-kamerdiens en ’n volgepakte minikroeg in elke suite, komplimentêre japonne en pantoffels en flieks op versoek. Die beste deel van ’n bootreisvakansie is dat jy slegs een maal hoef uit te pak en ‘n klomp bestemmings besoek.

Kusuitstappies en kultuurervarings
Wanneer julle by ’n hawe afklim en dit regkry om jouself weg te skeur van die luukse skip, kan jy sorg dat jy van jou beste vakansiefoto’s neem terwyl jy gebruik maak van Regent se gratis en onbeperkte kusuitstappies. Beleef ’n agter-die-skerms-toer in Rome, wikkel jou tone in die pienk sand en strande in Bermuda en beleef Peru se koloniale Spaanse katedrale. Maak die beste van verskeie hawes alles in een reis.

’n Bootreis beloof ’n onvergeetlike, gedeelde ervaring waar julle mekaar se geselskap kan geniet, maar moenie wag tot Valentynsdag om jou maat te bederf nie. Maak vandag kontak met jou plaaslike reisagent of besoek www.devprom.co.za vir meer inligting oor ’n allesomvattende, probleemvrye wegbreekvakansie, met al die romanse wat sinoniem is daarmee. Met só ’n vakansie kan jy en jou maat seker maak julle spandeer wonderlike tyd as huwelikspaar saam met onverdeelde aandag en baie kuiertyd. As julle al lank oor ’n bootreis droom, is dit tyd om oë toe te knyp en die kans te waag.

Regent Seven Seas Cruises word verteenwoordig in Suid Afrika deur Development Promotions. Kontak hulle by 011 463 1170 of jou naaste reisagent vir meer inligting.