Daar is ‘n kwaadwillige vabond wat dreig om jou wittebrood-pret te bederf. Maak seker hy bly op ‘n afstand!

Andrea en Carlo was lank verloof voor hulle eindelik die knoop deurgehaak het. Die wittebrood is haarfyn beplan – dit was baie spesiaal, veral omdat Andrea ‘n maagd was. By die eksotiese eiland het alles romanties verloop, net soos sy gedroom het dit sou wees (met drie ouer sussies was sy goed voorbereid deur die realiteite van die huweliksnag) maar op die tweede aand het sy baie sleg begin voel. In die luukse strandfront restaurant waar hulle ‘n romantiese ete geniet het, het sy ‘n knaende behoefte gehad om ‘n draai te gaan loop. Sy het krampe in haar lae buik en lae rugpyn gehad. ‘n Vinnige google-soektog later en sy en Carlo het tot die besef gekom dat sy waarskynlik ‘n nare urienweg-infeksie het. Dit het sin gemaak. Die navorsing het immers genoem dat ‘n vrou wat vir die eerste keer seks het, meer geneig is hiertoe. Gereelde seks verhoog ook die kans op ‘n urienweg-infeksie en dié paartjie het die hele dag in hul villa deurgebring het!

Hoekom is Wittebrood-siekte vir my ‘n bedreiging?

Vroue is tien keer meer geneig as mans tot urienweginfeksie en dit sal een uit elke vyf vroue in die een of ander stadium oorkom. Hoekom? Dit is hoe ons geskape is. ‘n Vrou se uretra (die buis waardeur urine vloei om die blaas te verlaat) is korter as mans s’n en daarom hoef bakterieë nie ver te reis om by die blaas uit te kom nie.
Urienweginfeksies hou dikwels verband met seks omdat die uretra gedurende seksuele omgang in kontak kom met bakterieë van die genitale area en anus. Só dring dit die uretra, blaas en soms die niere binne. Die agterste wand van die blaas kan ook geïrriteerd raak deur hewige penetrasie en so infiltreer organismes die blaas makliker.

Hoe hou jy dié lastigheid weg?

Die beste manier om Wittebrood-siekte te vermy, is deur ‘n draai te gaan loop direk vóór en ná seks. Vra ook vir manlief vir ‘n effe sagter benadering gedurende seks en beproef nuwe posisies (“Woman on top” is ‘n goeie voorstel). Gebruik ‘n smeermiddel om die vagina vogtig te hou en onthou om ‘n draai te loop ná seks.

Tree voorkomend op deur genoeg vloeistof te drink sodat jy gereeld die badkamer moet besoek. Toe Andrea besef wat fout is, het sy onmiddelik ‘n glas water en ‘n glas bosbessiesap (cranberry juice) bestel. Sy het ook ‘n afspraak gemaak by die eiland se dokter, wat antibiotika voorgeskryf het. Verder het hy gepreek dat sy elke uur ‘n glas water moet drink, nie mag knyp as sy ‘n nood het nie en katoen-onderklere moet dra.

As jy bang is vir Wittebrood-siekte kan jy met jou dokter oor antibiotika gesels wat, in sommige gevalle, voorkomend gebruik kan word. Pak ook ‘n pakkie Ultraberry in jou badkamersakkie. Dit bevat ‘n hoë konsentrasie bosbessie-ekstrak en, sóú jy ‘n urienweginfeksie opdoen, kan dit die skerp pyn en brand-sensasie gedurende urinering verlig. Dit kan ook die behoefte om heeltyd ‘n draai te loop, wegneem asook die melkerigheid en onaangename reuk van die urine verwyder.

So, as jou troudag en wittebrood om die draai is, maak seker jy volg die reëls om ‘n lastige Wittebrood-siekte te vermy.

Vir meer inligting oor die produk wat jou gaan help om die wittebrood-siekte vry te spring: www.ultraberry.co.za

Addisionele bronne: www.healthywomen.org; www.everydayhealth.com