Toe hierdie artikels aanvanklik in verskillende uitgawes van INTIEM publiseer is, was ons lesers gaande daaroor! Hier is albei nou gekombineerd. Beproef dit op jul volgende date night!

Die PENIS-SPA!

Hy is die kondensmelk in jou koffie, die asyn op jou chips. Wanneer jy en jou skoonma vassit, vat hy háár kort en hy troos jul seuntjie se ego deur die bal aspris mis te vang. Vir al daardie klein dingetjies wil jy vir hom iets spesiaals doen. Wat van ’n penis-spa? (Okay, ons wag tot jy klaar gegiggel het . . .) Nee, hy gaan nié in ’n ontspanne, semi-koma toestand wees nie – jy gaan moet regstaan as die behandeling verby is, suster!

STAP 1: Jou voorbereiding, Mej Droompalms!

Besluit op ’n datum. Laat minstens drie ure toe vir sy “spa-behandeling” en kry jou toerusting gereed. Eerste op die lys is ’n behoorlike smeermiddel. Kry ’n pruik in die hande as jy kan. En ’n wit rokkie. Jy moet lyk soos ’n spa-terapeut, maar (natuurlik) ’n sexy spa-terapeut. Wanneer die dag aanbreek, gaan jy jou pruik dra. Jy gaan jou wit rokkie sonder onderklere aantrek – hoewel dit natuurlik uiters onprofessioneel van jou sal wees om jou kliënt toe te laat om enigsins op ’n seksueel suggestiewe manier aan jou te raak . . .

STAP 2: ’n Prikkel van wat kom
Gee ’n paar dae vooraf vir manlief die volgende spa-geskenkbewys. Hy moet weet hy gaan vir ’n spa-behandeling, maar hy mag nie uitvind watter deel van sy lyf die behandeling die meeste gaan geniet nie!

STAP 3: Laat hom welkom voel
Wanneer die oomblik van waarheid aanbreek, moet jy in jou “salon” wees, met die deur toe (gebruik een kamer in jul huis as die ontvangslokaal en rig die ander kamer as die terapiekamer in. Trek die bed met wit lakens oor en haal oortollige beddegoed af. Hou ’n handdoek naby (om die liggaamsdele te bedek wat nié behandel word nie), skakel rustige musiek aan en verdof die ligte. Sorg dat jy in karakter is wanneer manlief aan die deur klop. Wanneer jy oopmaak, tree uiters “professioneel” op. Bring vir hom ’n verwelkomingsdrankie (’n glas witwyn of vonkelwyn met ’n aarbei op die rand), asook die spa-behandelings. Sê vroom: “Meneer, hier is ’n uiteensetting van u spa-pakket. Lees gerus rustig hierdeur sodat u kan weet wat om te wagte te wees.” Gee vir hom dié uiteensetting (vasgemaak op ’n clipboard, met die vraelys daaronder) en sê: “Ek gaan u vra om deur die lys te lees en daarna vir ons die vorm op die volgende bladsy in te vul.” Terwyl hy besig is, kan jy doenig wees in die terapiekamer.

STAP 4: Gaan neem gou ’n stort
Stuur hom badkamer toe, wat jy baie spesiaal vir hom ingerig het. Daar kan kerse brand (as julle dit in die aand doen) en musiek speel. Los vir hom ’n skoon kamerjas wat in die tuimeldroër was in die badkamer, sowel as spa-pantoffels en ’n botteltjie water. Vra hom om ’n vinnige stort te neem, waarna hy by jou in die terapiekamer kan aansluit.

STAP 5: Laat die terapie begin!
Die volgende afdeling van die artikel is vir jou aandag. Lees dit vooraf en oefen op ’n piesang as jy moet! Sorg net dat jy presies weet wat jy doen wanneer die tyd vir sy “terapie” aanbreek. Hier is nie baie reëls nie, maar jou tydsberekening is baie belangrik. Jy moet hom opgewonde maak, maar nie té opgewonde nie.

In gewone taal – dít is wat jy gaan doen:
1. Die Pleasant Pampering bevogtigende reinigingsritueel is basies ’n facial vir sy penis. Dit behels dat jy hom op sy rug op die bed gaan laat lê en langs hom op ’n stoel sit (baie belangrik, want jy moet die spanning geleidelik laat opbou) met ’n skotteltjie seperige water langs jou op die tafel. Dit gaan nie regtig oor die skoonmaak nie (hy het reeds gestort), maar oor hierdie eerste fisieke aanraking. Speel sagte, sexy musiek in die agtergrond en moenie ’n woord met hom praat nie. Was sy penis met sagte hale, spoel dit af met skoon water en druk dit liggies droog met ’n handdoek. Kondig aan dat die volgende behandeling nou sal begin.
2. Die Feathers and Ice sensoriese sensasiebehandeling is waar jy ’n bietjie speels gaan raak. Klim op die bed, maar sit langs hom. Blinddoek hom en kry al jou “instrumente” gereed: ’n Veertjie, ’n syserpie of satynlint, ’n bakkie ys, ’n handvol albasters wat jy rondrol in jou hande. Dink aan watter items hom op ’n sensoriese reis kan neem en bring dit alles bymekaar, kielie hom, terg hom en speel met hom . . . betrek sy testikels ook, maar vertoef ’n rukkie op sy borskas, arms en binnebene. Verras hom! Kondig die volgende behandeling aan.
3. Die Palms in Motion Indiese kopmassering is presies wat dit sê: ’n Massering, maar nie van die kop wat dínk nie. Gaan sit wydsbeen op jou man se bobene. Plaas jou duim en voorvinger in ’n okay-teken op die punt van sy penis en beweeg op en af vir ’n paar sentimeter (gebruik smeermiddel). Hierdie deel van jou “behandeling” werk veral goed vir ’n onbesnyde of baie sensitiewe penis. Hou sy penis met jou ander hand vas terwyl jy dit doen. Kondig die volgende behandeling nou aan.
4. Die Best of Both-behandeling behels dat jy die res van sy penis stimuleer met behulp van jou borste. Vir ’n man is dit ’n groot turn-on! Sit eers voor hom, knoop jou rokkie bo oop en smeer jou borste vol room of olie (terwyl hy kyk!). Kniel nou tussen sy bene en plaas sy penis tussen jou tweeling! Druk jou borste na mekaar toe sodat dit ’n “kanaal” vorm vir sy penis en beweeg op en af met jou lyf. Dit is ’n tegniek wat vir hom onweerstaanbaar voel én lyk, so hy tref ’n dubbele geluk. Kondig die laaste behandeling aan.
5. Die Tasty Chanel Rouge Allure-behandeling is, in kort, orale stimulasie. (Die naam verwys na jou lipstiffie.) En die woord tasty na wat jý gaan proe. Gebruik room, heuning, gesmelte sjokolade of gegeurde smeermiddel ter voorbereiding as “masker” vir sy penis. Nou kan jy jou wit rokkie laat waai en weer tussen sy knieë buk. ’n Lekker twist op hierdie golden oldie is om regtig ’n bloedrooi lipstiffie te gaan aanwend nét voor die oefening. Só kan hy sien hoe jou lipstiffie afsmeer op sy penis, ’n groot turn-on! Begin deur sy penis te lig en die rif tussen sy testikels te lek met een lang lek tot by die punt van sy penis. Herhaal dit en beweeg dan aan na ander tegnieke. Neem soms net die punt in jou mond en by ander tye die hele penis. Maar moet jou nie veel steur aan tegniek nie. Solank jy jou tande uit die prentjie hou en hom wys hoeveel jy dit geniet, is jy op die wenpad.

So ja, sy terapie is verby! Wens hom geluk as hy tot by stap nommer vyf kon uithou! Stap nommer 6? Jou betaling!

Die BLOM-SPA!

Maak jou gereed vir die blom-spa . . . een wat al jou vrou se baie delikate areas behoorlik gaan bederf! Hou op bloos en fokus. Ons daag jou uit om dié een te probeer! Sien, die blom-spa is voorspel op steroïede en sodra jy klaar is, sal jy moet bontstaan – in verskeie baie interessante posisies.

STAP 1: Jou voorbereiding, meneer vingers-vol-talente!

Jy moet vooraf besluit wanneer jy vroulief gaan bederf en jy sal al die truuks uit die hoed moet pluk om ’n kinderoppasser te reël. Ja, as dit beteken dat jy jou skoonma moet bystaan in haar water aerobics-klas, is dit nou maar só. Jy het sowat drie ure nodig en jy moet in vroulief se goeie boekies wees vir die maksimum effek. Hoewel . . . as jy nié in haar goeie boekies is nie, is ’n behandeling of vier juis wat die ding gaan doen!

As haar erotiese terapeut hoef jy nie veel te dra nie. ’n Kaal bolyf met ’n pajamabroek kan werk, maar as jy nie soos een van ons Springbok-rugbyhelde lyk nie, kan ’n kort, wit kamerjas bydra daartoe dat jy jou rol oortuigend speel.

STAP 2: Terg haar met ’n lusmakertjie
Gee vir vroulief die volgende spa-geskenkbewys en spa-reëls. As jy wil, kan jy haar ewe onskuldig laat dink dat dit vir ’n doodeenvoudige kop-en-skouers massering is.

GESKENKBEWYS
Sertifikaatnommer: (sommer jou selnommer). Hierdie geskenkbewys laat jou kwalifiseer vir ’n gratis “Supergirl” halfdag-spa-pakket by die Spa van ’n Duisend Moontlikhede (of watter belaglike naam jy ook al wil uitdink), geleë te . . . (jul huisadres) om . . . (tyd). Die geskenkbewys mag nie omgeruil word vir kontant nie en is onderhewig aan beskikbaarheid.

STAP 3: Laat haar welkom voel
Die kanse is goed dat jy nie so goed soos vroulief ingelig is oor hoe dinge by ’n spa werk nie. As jy nog nooit een besoek het nie, kan dit vir jou soos onbekende terrein voel. Onthou die volgende:
• Sorg dat die bed skoon oorgetrek is met wit lakens (jy kan die duvet maar opvou en eenkant bêre).
• Plaas ’n handdoek (ook wit) opgevou en eenkant waarmee jy die dele gaan bedek wat nie behandel word nie (ja, ons weet jy gaan die kleinste een in die kas kies, maar jy mag nie koekeloer nie).
• Rustige musiek in die agtergrond sal haar help ontspan en as jul spa in die aand is, hou by dowwe beligting.
• Jy moet “in karakter” wees as sy aan die deur klop. Wees uiters “professioneel”. As jy regtig wil moeite doen, kan jy vooraf ’n stoute vraelys opstel wat sy kan invul oor haar “voorkeure en afkeure”.
• Ontmoet haar by die slaapkamerdeur met ’n verwelkomingsdrankie (sjampanje werk goed) en ’n lys van die beskikbare behandelings. Sê: “Hier is ’n uiteensetting van u spa-pakket soos deur die geskenkbewys uiteengesit. Lees dit gerus rustig deur sodat u kan weet wat om te verwag.”
• Vra haar om asb. al haar klere uit te trek en die jurkie/jassie/kamerjassie/handdoek aan te trek/om te bind en verlaat die kamer om haar haar “privaatheid” te gee.

VOORAF:
Sorg dat die stort/badkamer silwerskoon is en lekker ruik met kerse wat brand. Koop vooraf luukse badprodukte (jy kan dit by die supermark, apteek of ’n plaaslike spa koop). Sorg ook dat ’n luukse, skoon, oorgroot handdoek buite die stortdeur hang vir haar gebruik, sowel as ’n skoon kamerjas wat in die tuimeldroër was, pantoffeltjies en ’n botteltjie water. Roosblare oor die vloer, handdoek en kamerjas, sal beslis vir jou ekstra punte besorg!

STAP 4: Laat die aksie begin . . .
1. Maak die stort se krane vir haar oop en sorg dat die temperatuur reg is voor jy ewe formeel sê: “U kan nou die watervalstort geniet. Trek gerus die japon en pantoffels aan. Ek sal oor tien minute kom kyk of u gereed is vir die eerste behandeling.”
2. Jy begin met die Pampered Petals bevogtigende ritueel. Laat haar op haar rug lê. Trek die handdoek tot bokant haar knieë en knipoog. Dit is hier waar vroulief sal besef jy het iets heel anders in gedagte as ’n standaard spabehandeling. (Let wel: Hierdie behandeling mag net aan die buitekant van haar genitalieë plaasvind.) Gebruik ’n waslap wat in warm water gedoop en uitgedruk is, en plaas die waslap oor haar vulva (jy kan drukking toepas met jou hand). Gebruik nou kokosneut-olie (los die waslap daar) en begin haar bolyf met die olie insmeer. Jy kan by haar hande begin en jou weg opwerk na haar borste toe . . .
3. Nou neem jy ’n blinddoek en vra vroulief om om te draai en die blinddoek om haar oë te bind. Sê dat jy binnekort terug sal wees vir die Sensual Senses sensoriese behandeling. Gaan haal warm koffie, ’n glas met ’n paar ysblokkies in en sorg ook dat jy die volgende byderhand het: ’n Haarborsel (dié soort met knoppies op die punte werk die beste), ’n ou tandeborsel, ’n veer en ’n ligte syserp. Verras haar met elk van jou “speelgoed” nadat jy haar hele lyf ontbloot het deur die handdoek te verwyder. Nou terg jy haar deur ’n ysblokkie al met haar ruggraat af te beweeg en oor haar boude te laat gly. Streel haar met die veer en die serp en piets haar (baie liggies) met die agterkant van die borsel op die boud. Draai haar om. Nou kan jy die borsel omdraai en liggies oor haar lyf (en borste) met die borsel beweeg. Neem ’n sluk koffie en soen haar vol en onverwags op die mond terwyl jy dit doen . . . hou ewe onverwags op en sê dat jy binnekort sal terugkom vir haar volgende behandeling.
4. Dit is tyd vir die Fingers-that-Linger sensuele massering . . . Gebruik ’n goeie smeermiddel hiervoor. Vra haar om haar oë toe te maak en laat haar op haar rug lê. Begin haar bobene masseer en beweeg al hoe hoër op, tot jy haar binnebene masseer en liggies raak waar sy aangeraak wil word . . . Tel nou een van haar bene op en plaas dit op jou skouer, terwyl jy haar binnebeen soen. Nou kan jy die buitenste skaamlippe masseer en liggies aan haar vagina raak voor jy begin met die inwendige massering. Eksperimenteer met wat jy doen, terwyl jy haar reaksie dophou.
5. Jy kan nou in haar oor fluister dat jy met die finale behandeling gaan begin. Die Tintelising Tongue Relaxation Treatment is presies wat sy nou wil hê! Orale aksie op sy beste! As die ys teen dié tyd nog nie heeltemal gesmelt het van al die hitte in die kamer nie, kan jy dit en die koffie by jou behandeling inkorporeer.

STAP 5: Wat voorlê, is julle besluit . . .
As haar behandelings verby is, kan julle besluit hoe julle wil voortgaan, maar die kanse is goed dat julle die kinderoppasser sal moet bel en vra of die kinders nog ’n uur of twee langer kan bly!