Dit is klein, sexy, onweerstaanbaar en gewaarborg dat jou maat beslis nie sy hande daarvan sal kan afhou nie … Nuwe onderklere binne of buite die slaapkamer is die een romantiese plan wat nooit vervelig word nie.

Hier is ’n paar idees vir opwindende onderklere!

1. Broekies en deurtrekkertjies
’n Verleidelike broekie bly een van die belangrikste stukkies onderklere. Enigiets van voller broekies met kant, tot kleiner stukkies en deurtrekkertjies in verskillende kleure is beskikbaar. Soek ’n styl wat vir jou gemaklik is, maar ook jou maat sal verras. As jy die vrou in jou lewe wil bederf, kies iets wat in jul albei se smaak val.

2. Bra’s wat die bates beklemtoon
By die bra’s is die opsies en moontlikhede eindeloos. Daar is bra’s wat lig en ondersteun en dan is daar ander wat vele beloftes laat deurskyn. Party vroue (en mans) is dol oor stelle waar die bra en die broekie by mekaar pas, maar ’n sexy kantbra in ’n kleur soos swart of wit kan ewe goed by ’n verleidelike broekie in dieselfde kleur pas.

3. Onderklere wat vibreer en sexy nagrokke
Desir.co.za het rokkies van verskillende lengtes, asook korsetstelle wat jou maat sal laat vra vir méér. Daar is verskillende materiale en style, enigiets van deurskynende kant tot materiaal wat op al die regte plekke kleef. Pakkies vir rolspel is ook op die spyskaart. Daar is ook kouse en lyfkouse om die verbeelding te prikkel. Desir.co.za verkoop selfs broekies wat vibreer wat sal sorg vir ongekende opwinding en plesier.

4. Plusgrootte onderklere
Sexy het nie ’n grootte nie, so julle hoef nie bekommerd te wees dat daar net vir ’n spesifieke groep vroue gesorg word nie. Desir.co.za maak ook voorsiening vir groter onderklere, sodat niemand uitgesluit word met die plesier-ervaring nie. Hul plusgrootte-reeks met verskillende style sal enige vrou soos ’n koningin laat voel.

5. Iets vir die manne
Laastens word die manne nie afgeskeep nie! Verleidelike onderklere fokus nie net op die evas nie. Boksers en voller grootte onderbroeke, sowel as kleiner onderbroeke wat meer beklemtoon is beskikbaar. Net soos by die vroue word die groter manne ook nie agterweë gelaat nie. Gaan kyk saam watter styl en ontwerp in jul albei se smaak val.

Sexy en stylvolle onderklere is iets wat julle gereeld kan aanskaf en die onderklerekas mee kan aanvul en uitbrei. Verras jou maat daarmee as geskenk en kyk met verwagting wat die opbrengs van dié belegging is. Moenie wag vir ’n geleentheid waarheen jy jou sexy onderklere kan dra nie, dra dit doelbewus en kyk wat jou maat se reaksie is wanneer hy of sy dit oplet. Sexy en stylvolle onderklere is ook nie net bedoel vir die romantiese geleenthede nie, Desir.co.za se produkte gee jou selfvertroue ’n goeie hupstoot en sal die intimiteit tussen julle laat groei.

Om hierdie Valentynsdag ekstra spesiaal te maak gee Desir vir jou R500 afslag op jou aankope! Kliek hier vir meer inligting: www.desir.co.za/afslag