Jy word hartlik uitgenooi na ‘n gratis W@W (Woman @ Work) aanlyn studie groep – OM ONS VADER GOD TE KEN met Esté Geldenhuys!

Wanneer: Woensdae oggende om 8:00-9:00. Ons begin hierdie opwindende reis eerskomende, Woensdag, 4 Oktober 2017 om 8 uur met ‘n verwelkoming en inligting sessie.
Registreer: Registreer hier teen Woensdag, 4 Oktober 2017.
Uitnodiging: Hiermee jou persoonlike uitnodiging.
Meer inligting: Kliek op die skakel om ons Inleidende Studiegids te kry. Die volgende is uiteengesit in the studiegids: 8 maklike stappe om te registreer en die aanlyn groepie by te woon; meer inligting oor die studie; en inligting oor ons studie-leier, Esté Geldenhuys.

Wat om van die studie te verwag?
Ons gebed is dat jy deur hierdie studie, ons Vader God sal leer ken, dat jy Hom op nuwe maniere sal ervaar en beleef, dat jy ‘n intieme verhouding met Hom sal koester, dat jy sal besef wat volkome VERTROUE beteken en dat jy in totale afhanklikheid sal opkyk na die Een wat jou gemaak het, wat die beste vir jou beplan, en die Een wat nie kan wag om jou lief te hê en te leer nie. Moenie langer wag nie, staan op vandag en sê: “Ja, Here, ek wil U ken! Ek wil meer van U verstaan. Ek wil U naam verheerlik! Ek wil in ‘n intieme verhouding met U leef!”  Vir verdere inligting, kliek hier…

Enige vrae of verdere inligting?
Kontak W@W op 3 maniere:

As jy nie Woensdae oggende, 8 uur kan maak nie?
Registreer asseblief steeds sodat ons jou kontak besonderhede het. Ons sal na elke sessie kommunikasie uitstuur met die besonderhede en beskikbaarheid van die opnames.

Ons kan nie wag om saam met jou meer te leer oor ons Vader God se karakter, Sy name en om in ‘n meer intieme verhouding met Hom te leef nie. Registreer nou.

Wonderlike dag,
Mariana en die W@W span
W@W (Women@Work for God) serves and equips women through convenient on-line bible study groups, webinars, discussion forums, prayer support groups and a one-stop resource platform. For more information please visit us at www.womenatwork.live.