O gits, dis gis . . .

As ’n Eva is die kanse baie goed dat jy in die een of ander stadium met gis te doen sal kry. Hoër estrogeenvlakke (die vroulike hormoon) word geassosieer met die oorgroei van gis en veral met die spesifieke soort gis wat as candida bekendstaan.

Candida is ’n fungus wat in die liggaam gevind word. Dit word beskou as natuurlike flora (wat in die vagina, vel, onderarms, tone en maag gevind word) en is deel van die liggaam se natuurlike primêre verdedigingstelsel – dit is mits die getalle binne beheer bly. As daar ’n oorgroei hiervan is, is die resultaat ’n infeksie.

Statistieke toon dat sowat 75% van vroue minstens een keer in ’n leeftyd ’n vaginale candida-infeksie sal ontwikkel. Moet dus nie skaam voel as dit jou oorkom nie! As vroue is ons geseën met hoë estrogeenvlakke, en daar is verskeie faktore wat ’n vrou se estrogeenvlakke kan beïnvloed. Daarom is jy, as ’n vrou, meer geneig tot só ’n infeksie.

(Webwerf weergawe van artikel is verkort)

Doen die volgende om gisinfeksies te help voorkom:

  • Wanneer jy stort, was die vaginale area en maak dit behoorlik droog voor jy aantrek.
  • Katoenbroekies is ideaal. Moet ook nie ’n handdoek met iemand anders deel nie.
  • Onderklere moet in warm water gewas word. Moenie versagter gebruik nie.
  • (nog 8 wenke is beskikbaar in die volledige artikel)

Lees die volledige artikel in die Feb Maart 2016 Uitgawe van INTIEM Tydskrif, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016