As Manlief vir die naweek weg is, beteken dit allermins dat jy hoog en droog by die huis moet sit en jou begeertes uit ’n bak Gino Ginelli moet skep… Seks is moontlik … mits jul sein goed is!

Stel jou voor hoe ’n gesukkel telefoonseks in die ou dae moes wees. Jy moes jouself so posisioneer dat jy aan die een kant van die dubbelbed lê omdat die kabel so ’n bietjie kort was. Dan moes jy dié tussen jou tone deurvleg. Maar sonder om dit raak te sien, het die ding om jou bedlampie geknoop en in die hitte van die oomblik het jy dié omgetrek en sit jy met ‘n brandplek van die gloeilamp teen jou skouer!

Of jy het álles gegee net om te ontdek die kabel is reeds vyf minute gelede by die muur uitgeruk. Of die lyne het gekruis en jy het jou buurman presies vertel wat jy graag met hom sou wou aanvang. (Nie dat hy jou sou onderbreek om te waarsku wat aangaan nie!)

Nee wat, selfone maak telefoonseks veel makliker en meer toeganklik. Jy en Manlief kan stomende seks hê, selfs al sit hy iewers in ’n tentjie op die een of ander berg en jy lê in jou bad! So, alle telefoonseksmaagde, gee aandag…

Telefoonseks het nie ’n goeie reputasie nie. Hoeveel advertensies, programme en flieks het al die tema van ’n vrouestem gebruik wat hees oor die telefoon fluister dat sy 1,8 meter lank is, goue lokke en ’n rooi pruilbekkie het; dat sy ’n swart deurtrekkertjie, en nie veel meer nie, dra … vir die kyker om uit te vind dat die persoon eintlik glad nie is wie sy voorgee om te wees nie, maar eerder ’n vyf en sestigjarige, 165 kilogram couch potatoe wat haar toonnaels sit en verf en doughnuts eet terwyl sy die niksvermoedende knaap aan die ander kant se bloeddruk opjaag!

Wel, daar ís mans wat voor dié multi-miljoendollar-industrie swig en werklik glo dat ’n vrou met supermodel proporsies haar ure op telefoondiens slyt. Wanneer INTIEM telefoonseks aanbeveel, praat ons beslis nie van hierdie tipe nie, maar eerder van die soort wat normale selfoon-tariewe kos en waarvan net jy en jou huweliksmaat weet.

“Telefoonseks met jou man is dalk iets wat jy nog nooit oorweeg het nie, maar dit kan ’n kragtige voertuig wees om erotiese antisipasie te bou en petrol op die vlamme van fantasie te gooi. Dit kan help om die romanse en intimiteit lewendig te hou as julle ’n langafstand verhouding het of een (of albei van julle) baie reis. Selfs al is julle selde meer as ’n myl weg van mekaar, kan telefoonseks ’n fantastiese aanvulling tot die res van jou sekslewe wees,” meen Eve Salinger, skrywer van die boek The Complete Idiot’s Guide to Pleasing Your Man.

Gelukkig het selfone ’n hele nuwe dimensie tot foonseks en voorspel toegevoeg. Nou kan jy en jou man rillings teen mekaar se ruggrate afstuur, terwyl julle in die straat afstap, inkopies by die supermark doen of in die wagkamer by die tandarts sit.”

Volgens ’n Cosmopolitan-verslag, wil 85% mans hê dat hul vrouens daardie oproep moet maak! Só, as jy vermoed jou man is een van hulle, skraap jou moed bymekaar en gaan soos volg te werk:

• Voor jy manlief se nommer skakel, maak seker hy is in die bed (of minstens in sy hotelkamer), die tyd is geleë en hy is beslis nie op ‘speaker phone’ tussen sy vriende nie!
• Jy kan begin met whatsapp-voorspel. Stuur aan hom ’n stoute boodskap as voorgereg wat jou luim suggereer.
• Verdof jou ligte, gooi ’n glas wyn in of trek ’n hyg-roman nader ter voorbereiding van wat volg, beveel Anne Hooper, outeur van Great Sex Games, aan.
• As dit jou eerste keer is, sal ’n eenvoudige frase soos “Ek wens jy’t hier langs my gelê…” voldoende wees.
• Jy kan ook dinge inisieer deur hom te herinner aan ’n lekker sessie bedpret wat julle twee voor sy vertrek gehad het.
• As jy agterkom hy is op dieselfde golflengte as jy, vertel hom in die fynste besonderhede wat jy tans aanhet. Onthou, telefoonseks gaan meerendeels oor fantasie, so moet asseblief nie vir hom sê jy’t jou Bridget Jones-broekie en ’n T-hemp aan nie (tensy dít die soort ding is wat hom opwek!)
• Vertel hom hoe jy van jou klere ontslae raak. Praat stadig en verlaag jou stem. Goeie telefoonseks is soos om ’n verbale Picasso te wees! Verf prentjies deur middel van die woorde wat jy gebruik.
• Sê vir hom jy’t van sy gunsteling parfuum op jou maag gespuit en dat jy oor die bed uitgestrek lê en jou verbeel hy ruik dit.
• Moenie sê wat jy dink mans wil hoor nie. Geslaagde en intieme telefoonseks se geheim lê daarin om dit eg te hou. Lê klem op dit wat Manlief uniek maak en wat jy weet jou nog altyd tot hom aangetrek het.
• Moet jou nie steur aan wat jy hoor en lees nie, kras taal is nie ’n voorvereiste vir geslaagde telefoonseks nie. Wees so eksplisiet en gewaagd soos wat jou gemaklik laat voel.
• Probeer hom uitlok om jou te vertel wat hy graag met jou wil doen. Vra vrae soos: “Wil jy my borste soen?”
• Skep ’n prentjie deur byvoorbeeld die volgende woorde te gebruik: “Jy is besig om jou hand tussen die knope van my toppie in te glip…”
• Verduidelik wat jy graag wil hê hy moet doen, soos: “Ek wens jy was hier om met jou vingers al oor my liggaam te beweeg.”
• Sê enigiets wat jy op die hart het, sonder om jouself te sensor.
• Jy kan hom vra wat jy nooit in die werklikheid sou nie, soos hoe hy daarvan sou hou as jy sy arms sou vasbind. Beskryf dan hoe jy jou bra uittrek en die bandjies gebruik om sy arms aan die bed vas te bind.
• Wanneer julle gesprek kookpunt bereik, neem sake in jou … eh … eie hande. Raak aan jouself soos jy graag wil hê hy moet aan jou raak, en soos wat hy teen dié tyd al vryelik beskryf.
• Vertel hom presies hoe jy masturbeer en hoe dit vir jou voel.
• Moedig hom aan deur hom te vertel waar jy graag sy hande wil hê. Vra hom hoe hy aan sy eie lyf raak en vertel hom hoe jy graag aan hom wil raak.
• Dit is nie net ’n lekker sekssessie nie, maar ook ’n goeie les. Volgende keer het jy beter insig oor hoe hy graag aangeraak wil word en vice versa.

Probeer die volgende inisieerders:
• Ek het gisteraand van jou gedroom… wil jy weet wat ons gedoen het?
• Ek het vanoggend aan jou gedink toe ek in die stort was, kom ek vertel jou daarvan.
• Kom ons doen die naweek iets wat ons nog nooit gedoen het nie. Ek het ’n idee…
• Wanneer jy vanaand huis toe kom, wil ek jou op die woonkamer mat hê. Ek gaan heeldag daaraan dink…
• Ek gaan later vandag onderklere koop. Kom ek vertel jou wat ek gaan aanpas…
• Wil jy weet wat ek aan jou sou doen as jy op hierdie oomblik hier was?

Inspirasie
Vir inspirasie, neem die fliek The Truth About Cats and Dogs uit. Wilme Steenekamp, mediese dokter, huweliksterapeut en seksuoloog, glo telefoonseks kan lekker pret wees, mits dit binne die huweliksverhouding plaasvind en wanneer die paartjie noodgedwonge fisiek ver weg van mekaar is. “Dit mag net nie ’n plaasvervanger vir werklike intimiteit word nie, en dít sal slegs gebeur as daar ’n ander probleem in die verhouding is.”

Wilmé gee die volgende raad:
• Maak seker julle is albei privaat.
• Maak seker julle is albei in die bui vir die gebeurtenis – dit is nie veronderstel om net vir die man ’n ’uitlaatklep’ te wees terwyl die vrou maar bloot meedoen nie.
• Lei mekaar met behulp van fantasieë – veral oor prentjies in jou gedagtes of vorige geleenthede toe julle seks gehad het.
• Gebruik al jou sintuie om ’n storie mee te vertel sodat die ervaring soveel moontlik sensasies bevat en baie intens is.
• Dames, gebruik smeermiddel wanneer dit by die fisieke self-stimulasie kom.
• Dit moet liefs nie ’n ritueel word vir wanneer julle fisiek ver van mekaar weg is nie. Dit kan verwagtinge skep dat dit elke keer gaan gebeur en mag veroorsaak dat een of albei
voel dat hulle nie meer ’n keuse het nie.

As jy binne dié perke bly, kan telefoonseks daardie naweke weg van mekaar net ‘n bietjie draagliker maak! Dit is nou wel waar dat julle telefoonrekening waarskynlik die hoogte sal inskiet, maar dit is die prys werd. So, gebruik jou verbeelding en hou Manlief op speed dial!