LifeDoc™ is ‘n digitale gesondheidsrekord wat jou in beheer stel van jou en jou gesin se gesondheid. LifeDoc™ stel jou in staat om jou vorige en huidige gesondheidsinligting maklik in te vul, te stoor, op te spoor, te bestuur en selektief te deel. Met LifeDoc™ kan jy maklik allergieë, mediese toestande, behandelings, polsslag, bloeddruk, bloedglukose, liggaamstemperatuur, BMI (lengte, gewig) en medisyne aanteken. Jy kan selfs die app gebruik om jou te herinner aan immunisasies, afsprake met jou dokter, hernuwing van voorskrifte en soveel meer. Kies presies wat jy wil deel met wie, van jou dokter tot familielede. LifeDoc™ help jou en jou dokter om jou gesondheid beter te bestuur, om beter diagnoses of behandelingsbesluite te neem en om voorkomende maatreëls te tref. Begin vandag met jou gesondheidsrekord.

3 Maklike stappe na beter gesondheid
1. Besoek www.lifedoc.co.za
2. Klik op Registreer en volg die maklike registrasieproses
3. Vul jou persoonlike gesondheidsrekord in

Of gaan eenvoudig na die “Google Play Store” of “App Store” en soek vir LifeDoc™ om dit op jou foon af te laai

Die beste van alles – dit is gratis!

Volg ook LifeDoc™ op Facebook  en Twitter