Nie almal is gebore met ragfyn, satyngladde vel nie, inteendeel meeste van ons het hulp nodig om ‘n vleklose voorkoms te kry.

Daar is min dinge wat jou selfvertroue meer knou as ‘n slegte vel. Dit is nou een ding wat beslis nie met grimering weggetoor word nie.
Hoewel daar verskeie faktore is wat ‘n rol speel, is daar ook natuurlike produkte wat die pad na ‘n gladde vel makliker moontlik maak.

MAPP is ’n 100% natuurlike mondelikse alternatief vir die behandeling van puisies en ’n slegte vel.

Die aktiewe bestanddeel in hierdie produk is guggul (Commiphora wightii). Guggul verlig ontsteking van die vel; ontsmet afskeidings en bevorder genesing; verminder oormatige olieproduksie, wat die hoeveelheid bakterieë op die vel verminder; beheer puisies, witkoppies en sweertjies; en verbeter die funksionering van die lewer en spysvertering.

MAPP kan as ’n alternatief vir ’n mondelikse voorbehoedmiddel gebruik word wat soms vir jong vroue voorgeskryf word om veltoestande te behandel, en kan vir alles veltipes gebruik word. MAPP10 is ’n intensiewe behandeling met hoë doseringsvlakke om die behandeling van ’n probleemvel aan die gang te sit terwyl MAPP30 ’n instandhoudingsterapie is om die vel in ’n goeie toestand te hou. Na gelang van die erns van die velprobleem kan dit raadsaam wees om meer as een boks MAPP10 te gebruik voordat jy die MAPP30-instandhoudingsproduk begin gebruik.

Dit is beslis nie nodig om met ‘n sak oor jou kop rond te loop nie. ‘n Streelsagte vel in binne bereik van elkeen. Die toestand van jou vel is ook ’n produk van jou dieet, higiëne, oefening en genetiese aard.

Jy verdien om elke dag jou mooiste te lyk, nie net vir ‘date night’.

www.mapp.co.za