Omhels positiwiteit in jou huwelik en jy mag dalk ontdek dat allerhande onontginde kosbaarhede in jou maat opgesluit lê . . .

Dit is ons sonskyn-uitgawe! Ons weet baie goed dat die son nie altyd oor jou huwelik skyn nie en dat sommige dae maar bra betrokke voel – selfs met neerslae hier en daar. Die goeie nuus is egter dat jou ingesteldheid ’n groot invloed kan hê op hoe jy oor jou huwelik voel.

Die hippokampus is die area in jou brein wat verantwoordelik is vir geluk en herinneringe. Maar om die meeste te maak van die proteïene en endorfiene wat deur jou brein vrygestel word, oefen! Deur positiwiteit te omhels en die klem te plaas op die mooi in jou maat, is die stryd al klaar halfpad gewonne.

Ons help jou om van geluk in jou huwelik ’n prioriteit te maak in die OKTOBER /NOVEMBER uitgawe van INTIEM!