Voor ons getrou het was ‘n aftree polis nie ‘n prioriteit nie…spaar geld was kuier geld…huis skoonmaak was vir Sondae en aandete was braai vleis. Die lewe was lekker…

…en met tyd soos verantwoordelike meer word kry elke huwelik daardie goedjies – daardie goedjies wat krap (amper soos vanoggend se beskuit krummel wat in jou bra beland het)!

Dis daardie gesprek wat jy oor en oor…en OOR met jou man het en hy verstaan net nie, luister net nie, gee net nie om nie!

Ek gaan grawe my Intiem Tydskrif uit en blaai tot ek die “bid só vir jou man” stukkie kry. (wat ‘n lekker tydskriffie, so by the way…gaan koop hom gerus dames – ekt al my man ook gevang dit lees)

Na vele gebede, ‘n paar krapperige woorde en ‘n kwaad-slaap-aandjie ..besluit ek om vir ons ‘n huweliksnaweek te boek wat aangebied word deur ‘n baie bekende paartjie ..wat ‘n great ervaring!!

Daar was jong paartjies…en ook ouer paartjies…party al 30+ jaar getroud.

Ek hoor die een tannie spog dat hulle sopas van die hospitaal af kom, haar eerste kleinkind is gebore.

Ons elkeen kry ‘n potlood, ‘n nota boekie en ‘n bottel water ..ek sien hoe die mans die goedjies dra terwyl die vrouens aan hul groot handsakke klou en deur die gangetjies beweeg om hul sitplek in te neem.

Die aanbieder val sommer dadelik weg en vra ..”watter mans is hierheen gesleep?” – almal lag ..en amper al die mans steek hul hande op, my man inkluis!

en ek besef net ..maak nie saak hoe oud of jonk ons is nie ..of ons al jaaaare getroud is of net nou die dag, ons hartsbegeertes bly dieselfde – ‘n heel gesin en onblisbare liefde ?

Ons praat oor liefde ..omgee ..opoffering ..liefdes tale…en bo alles hoe mans oor die algemeen groot gemaak word. Die tradisie dat die man die hoof van die huis is en die vrou aan hom moet onderdanig wees.

Ek dink – sjoe, hier het ek my nou in ‘n ding…hoe wees ek onderdanig as ek ook ‘n stem het, ‘n harde, sterk een ..as my opinie ook tel ..ek dra dan by met die finansies ..ek betaal ook rekeninge?!

God se antwoord: Ek het Eva nie uit die aarde gemaak soos vir Adam nie ..nee ek het haar gemaak uit sy ribbekas, uit hom, vir hom!! dis die ribbekas wat die hart beskerm ❤

In ander Bybels word na die vrou verwys as “the strong one”…”the warrior”

WOW julle!!

Hoe baie hou ons net nie die kroon op ons man se kop nie ? al voel ons hy verdien dit nie…

maar dis ons tradisie…dis ons God gegewe gawe om sterk te wees vir ons mans!

So, al voel jy soms jy wil jou hande om sy nek draai – draai dit bo sy kop…sit daai kroon op. Sodra hy begin voel soos ‘n koning, sal by begin optree soos ‘n koning. En dis nie die kroon wat die huis paaiement betaal nie ..nie die kroon van ego nie, nie die kroon van status nie…dis die kroon met Goddelike waardes!

Spreuke 31:10 – “wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale…”

Jong …gaan soen daai grompot-man van jou! ?

Liefde
N
#VROUWEES
#VSE