Wanneer ons onseker is

JEREMIA 29:11

Vader, ons is onseker oor ons toekoms!

Ons is so skielik in hierdie situasie gedompel.

Nou voel ons hooploos.

Die pad lyk grys en donker en daar is vrese.

Ons planne, ons verwagtinge en ons begeertes

word nie vervul soos ons gehoop het nie.

U weet dat ons nie met almal kan deel wat ons met mekaar deel nie.

Hierdie onsekerheid beïnvloed ook ons verhouding met mekaar.

Here, net U kan ons redding en rustigheid gee.

Ons bid vir insig en die regte besluite.

Ons bid dat ons hierdie paadjie met wysheid sal stap.

Help ons om al ons vertroue in U te plaas,

want soos U tereg in Jeremia belowe,

wil U vir ons voorspoed gee, nie teenspoed nie.

U beloof om vir ons ’n verwagting te gee, ’n toekoms!

Ons sien uit daarna om hierdie wonderlike belofte te sien realiseer

en ons vertrou in opgewondenheid op U.

Ons weet U ken die regte tyd.

Help ons om geduldig op U tyd te wag.

AMEN

‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016