Wanneer ons gevul is met dankbaarheid

PSALM 145

Here God, vandag wil ons U loof.

Dankie vir U wonderbaarlike Skepping.

Dankie vir U onoortreflike plan vir ons lewens.

Dankie vir U hand in ons huwelik.

Here, ons wil U lof verkondig en U naam loof en prys.

Ons is getuies van U magtige dade,

want ons is gevul met dankbaarheid en lof vir U werk in ons lewens.

Dankie dat die huwelik vir ons lekker is.

Dankie dat U ons elke dag vir mekaar bewaar

en dankie dat U ons net liewer maak vir mekaar.

Here, ons besef die huwelik is harde werk

en niemand is kwytgeskeld van uitdagings nie.

Maar dankie dat U ons gehelp het om elke uitdaging te oorkom

en sterker aan die ander kant uit te kom.

Help ons om ook ’n inspirasie te wees vir ander

sodat hulle in ons kan sien watter wonderlike instelling die huwelik is.

Maak dat hulle geïnspireerd voel om ook hierdie driehoek

saam met U te betree wat ons die huwelik noem.

Ons loof U. Ons prys U. Ons aanbid U.

AMEN.

‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016