Het jy al gehoor van ons 6 weke uitdaging? INTIEM, in samewerking met Marriage Capsule, het ‘n wonderlike plan vir paartjies om hul huwelik ‘n GROOT hupstoot te gee!

As jy vir jou huwelik ‘n punt uit 10 moet gee wat sal dit wees? Wat as jy daai getal met ten minste 2 punte kan verbeter? Dit is presies wat hierdie 6 weke uitdaging gaan doen – en dit alles in die gemak van jou eie huis!

Ons het die meer as 11 jaar ondervinding wat ons by INTIEM Tydskrif opgebou het, saamgesit in een allesomvattende kursus, wat jou deur 7 vlakke gaan neem en jou huwelik gaan verander! Die hele kursus word aanlyn gedoen -al wat jy gaan benodig is ‘n selfoon/rekenaar en internet konneksie.

As jy “ja” sê vir hierdie 6-weke uitdaging kry jy die volgende:

  1. ‘n 7 stap Huwelikskursus (6 weke) wat INTIEM saam met jou gaan doen!
  2. Elke week kry jy ‘n spesifieke les/uitdaging wat jou huwelik gaan versterk!
  3. Jy word deel van ‘n spesiale (geheime!) Facebook groep waar jy toegang het tot ‘n huweliksberader!
  4. Jy het voortdurende kontak met ‘n mentor wat daar is vir raad, idees en ondersteuning.
  5. Daar is selfs glanspaartjies wat jou tydens hierdie 6 weke gaan motiveer en aanspoor (vir nou hou ons die paartjies se name ‘n geheim…)

WAG, voor jy ‘n lang gaap gee en dink, “ag tog, nog ‘n vervelige huwelikskursus”, het ons ‘n verrassing vir jou!!

By INTIEM glo ons nie in “boring” nie! Hierdie kursus is ANDERS! Marriage Capsule sluit uitdagings in wat jy en jou maat moet doen, het hulpmiddels en vraelyste wat julle moet deurwerk, animasie videos wat moeiliker onderwerpe deurdraf, videos waar Liezel van INTIEM self met jou gesels, “badges” (toekennings) wat jy insamel soos jy deur die kursus werk… selfs gebedsplanne vir jou huwelik en ‘n amptelike sertifikaat wanneer jy die kursus suksesvol voltooi en in die “International Marriage Hall of Fame” opgeteken word!

PLUS jy kry die volgende gratis (wanneer jy inteken vir die 6 weke uitdaging):

  • Die volledige inhoud van die Marriage Capsule kursus in die vorm van ‘n e-boek!
  • Ons Vrae & Antwoorde e-boek wat saamgestel is uit vrae wat ons oor die jare ontvang het en wat deur ons INTIEM medewerkers beantwoord is.
  • Die INTIEM Libido-Kursus e-boek!
  • 365 romantiese boodskappe!
  • Die e-boek deur dr Arnold Mol met oor die 90 wenke hoe jy jou man se hart kan steel en ook 90 wenke hoe jy jou vrou se hart kan steel!

Daar is ook ‘n “VIP” pakket wat sjokolade, wyn en ander bederf items insluit… net vir ingeval jou maat daardie ekstra tikkie motivering nodig het!!

Die 7 vlakke is as volg:

  1. Is dit nog die moeite werd om getroud te wees?
  2. Wat is jou en jou maat se onderskeie temperamente en hoe beinvloed dit jul huwelik?
  3. Wat is ‘n man se grootste behoefte?
  4. Wat is ‘n vrou se grootste behoefte?
  5. Kommunikasie: Praat Mooi. Luister reg.
  6. Seks in die huwelik.
  7. Aksieplanne vir ‘n suksesvolle huwelik.

Stel jy belang?

Vul dan sommer dadelik die vorm in! Die program word een van die dae bekendgestel, en dan sal ons sorg dat jy heel eerste daarvan weet! Daar gaan ‘n spesiale aanbod wees vir die eerste 500 paartjies wat aan boord kom, so maak seker jou naam is op die lys, sodat ons jou kan laat weet sodra die “shopping cart” oop is!!

Indien jy enige ander vrae het stuur gerus ‘n epos aan digital@intiem.co.za

Ons kan nie wag vir die verskil wat hierdie 6 weke uitdaging in jou huwelik gaan maak nie!  Vir meer info oor presies wat Marriage Capsule is, en waar dit vandaan gekom het, KLIEK HIER.