Sommige vroue ervaar menopouse as ’n uitdagende tyd in hul lewens. Die geheim is om jouself te bewapen met inligting en hulpmiddels om jou oorgangsjare so gerieflik moontlik te maak en seks so genotvol soos altyd te hou.

Wanneer jy ongeveer jou vyftigerjare betree (dit kan vroeër of later ook gebeur), begin jou lyf verander omdat estrogeenvlakke mettertyd verlaag. Dít is wanneer menopouse intree; ’n lewensfase met sy eie unieke uitdagings.

Sonder die vervaardiging van estrogeen word die vel en weefsel van die vulva dunner en minder elasties en vaginale droogheid word ’n probleem waarmee meer as die helfte van alle menopousale vroue worstel. Natuurlik het dit pynlike seks tot gevolg – en pynlike seks het weer ’n nadelige effek op seksuele begeerte! Vaginale droogheid kan ook só ernstig raak dat dit jou beïnvloed, selfs met tye wanneer seks nie plaasvind nie.

Gelukkig is vaginale droogheid ’n probleem wat maklik bestuur kan word danksy die groot verskeidenheid smeermiddels wat tans beskikbaar is. Oor-die-toonbank smeermiddels kan pynlike seks verlig deur aanwending vooraf en gedurende seks.

Wanneer jy voor die rak staan, kan dit ’n uitdaging wees om te kies uit die vele handelsmerke wat beskikbaar is. Hoewel jy kan kies uit smeermiddels met ’n waterbasis, oliebasis of silikoonbasis word eersgenoemde as die veiligste beskou. Die mees betroubare middels slaag laboratoriumtoetse en voldoen aan hoë standaarde wat vervaardiging betref.

Laat jou hierdeur lei wanneer jy jou keuse maak en verwelkom die nuwe uitdagings (en lekkertes) van hierdie nuwe lewensfase…

• Artikel geborg deur Lubrimaxxx: www.lubrimaxxx.com