Die huweliksslaapkamer is, of ten minste dit is veronderstel om ’n toevlug te wees – ’n veilige plek weg van die wêreld af, waar jy en jou eggenoot kan ontspan, herlaai en die liefde koester wat julle bymekaar hou. Die heiligheid hiervan moet nie net vir die doel van rus onderhou word nie, maar omdat die slaapkamer dikwels die enigste plek is wat eksklusief en redelik gereserveer kan word vir die getroude paartjie.

Kinders, die skoonouers en familie het vrye toegang tot die res van die huis en gereelde, romantiese wegbreke vir twee is nie ’n praktiese alternatief nie.

Maar meer en meer gereeld dring die vinnige geroesmoes van die lewe in op dit wat die heilige grond van die getroude slaapkamer moet wees, en die deurdringende eise van ’n altyd-gekonekteerde-wêreld onderbreek die tyd wat ons veronderstel is om met daardie spesiale iemand te spandeer.

Vencasa verstaan en waardeer die waarde van die slaapkamer se rol as ’n toevlug, asook die belangrikheid om huweliksgeluk te onderhou. Hier is Vencasa se top wenke oor hoe jy die heiligheid van die huweliksslaapkamer kan onderhou.

Sluit die deur
Of jy nou kinders het of nie, ’n geslote deur skep in jou onderbewussyn ’n gevoel van sekuriteit, veiligheid en privaatheid. Die huweliksslaapkamer is ’n vertrek wat aan jou en jou eggenoot behoort – versterk die mentaliteit deur die deur toe en gesluit te hou.

As jy bekommerd is oor ’n alewige ‘geslote-deur’ beleid in jou huis in te stel, maak dit ten minste ’n reël in jou huis dat die slaapkamer ’n no-go zone van af ’n sekere tyd elke aand is.

Belê in gemak
Maak voorsiening vir gerieflikheid deur jouself te omring met sagtheid, gemak en weelde so veel as wat jy kan.

Krapperige lakens en bulterige kussings skree nie regtig “toevlug” nie en jy wil nie hê die afleiding van ongemaklikheid moet jou fokus laat dwaal van wat regtig belangrik is nie; naamlik jou eggenoot en jy.
Duvets en kussing van Temprakon, lakens van Reed Family Linens en matrasse van Tempur is almal bekend vir hulle gemak, die feit dat dit asemhaal en selfs gesondheidsvoordele.

Weet wanneer om die televisie af te skakel
Hierdie een laat jou dalk terug deins by die blote gedagte daarvan, maar daar is so iets soos te veel televisie. Jy hoef dit heeltemal by die slaapkamer uit te gooi nie, maar oorweeg net of jy dit nie gebruik tot so ’n punt dat dit jou eggenoot vervang as jou gekose geselskap vir die aand nie.

Ontbyt in die bed terwyl julle ’n geliefkoosde program, romantiese fliek of goeie musiek geniet om ’n atmosfeer te skep is goeie redes om die televisie in die kamer te hou. WWE Smackdown is nie.

Los die werk by die deur
Daar is nie veel goed wat minder romanties as werk is nie, so oorweeg dit om jou werk by die kantoor of in jou studeerkamer te los. Met die digitale revolusie kan ons almal enige plek, enige tyd bereik word en dit resulteer in ons werk wat orals in ons lewens inkruip.

As die slaapkamer ’n toevlug moet wees, dan moet werk buite bly.

Koop ’n nuwe matras
Nie jy of jou eggenoot moet op ’n bed slaap wat van voor die verhouding af kom nie. Julle bed is die middelpunt van die slaapkamer en die matras is die hart en siel van die bed. Net soos die huis self, is die bed ’n wedersydse besitting – een wat jy en jou eggenoot deel. Respekteer dit en kies saam ’n matras

Vencasa het ’n wye reeks matrasse vanaf van die wêreld se leiers in slaaptegnologie. Van die ingevoerde Italiaanse Maniflex en standvastige Sealy reekse, tot die wêreldberoemde Tempur, hulle het ’n matras vir elke slaap styl.

Maak tyd vir kussing praatjies
Dit hoef nie waaghalsig en risqué te wees nie. Julle kan oor enige iets praat: julle dag, huidige gebeure of julle planne vir die toekoms. Maak net seker jy en jou eggenoot het die tyd om te praat en die konneksie wat julle bymekaar hou te herbou en te onderhou.

Dit beteken julle moet dieselfde tyd bed toe gaan en dat die slaapkamer nie onnodige afleiding inhou nie (soos ongemak, die televisie en werk). Dit beteken jy neem die tyd om jou eggenoot die middelpunt van jou aandag te maak, en vertrou dat hy/sy vir jou dieselfde gaan doen.

Is dit nie immers waaroor die huwelik gaan nie?

Vra Vencasa hoe
Besoek jou naaste Vencasa winkel (in Bedfordview, Table Bay, Brooklyn Design Square of Hyde Park), ontmoet die toegewyde personeel, en snuffel deur hul Tempur, Magniflex en Sealy reekse (om die eens te praat van hul eie Vencasa Kolleksie nie).

Vra die personeel vir bystand en laat hulle jou lei na ’n slaap oplossing wat voorsien in jou en jou eggenoot se behoeftes.

www.vencasa.co.za
0861 60 60 60
011 825 0351