As joune ’n grotman is wat in angssweet uitslaan die oomblik wat jy dreig om hom spa toe te neem, gee hom “toegang” tot jou tuis-spa. Elke grotman word ’n lammetjie as sy vrou se hande hom die massering gee wat sy styf-gespanne rug verdien!

Maak jou eie masseerblok deur die volgende te doen:

Plaas 28g Shea-botter en 28g byewas in ’n glasbeker en mikrogolf vir 30 sekondes op ’n slag, tot gesmelt (roer na elke 30 sekondes).
Die kleiner stukkies sal gewoonlik smelt terwyl jy dit inroer by die res.
Voeg nou 28g olyfolie by en roer.
Giet die mengsel in ’n kleinerige vormpie (’n blom-koekvormpie werk byvoorbeeld goed omdat dit knopperig is).
Los tot dit afgekoel is en siedaar!

Jy het ’n heerlike masseerblok wat smelt van liggaamshitte!