As Besturende Redakteur en mede-eienaar van Media in Africa, is Liezel die stigter en dryfkrag agter INTIEM.

Sy het dié tydskrif ‘n dekade gelede begin tot waar dit vandag ‘n vinnig-groeiende publikasie vir getroude pare en huishoudelike naam regoor Suid-Afrika is. Liezel streef na voortreflikheid.

Haar hart was van die begin af op die regte plek en INTIEM is vir haar meer as slegs ’n besigheidswaagstuk… dit is ‘n roeping: Om ‘n kultuur van heel huwelike te skep.