Wanneer Manlief weer sy tuiskoms aankondig met: “Liefie, ek’s tuis!”, oortref al sy verwagtinge en verras hom met ’n paar interessante maniere om hom welkom te heet.

As Manlief ná ’n lang dag op kantoor of van ’n jag-eks¬pedisie tuis-kom, staan jy dalk dikwels met jou pantoffels aan voor die stoof om te sorg dat die kleinspan en jou ridder se magies vol kom en hul ogies toe. Jou hare is op jou kop vasgeknip, jou grimering van vanoggend is iets van die verlede en bedpret het nie eers jou to-do lysie gehaal nie.

Bederf vir Manlief (en jouself!) deur hom met ’n paar van die onderstaande idees by die huis te verwelkom. Hoe is dit ’n bederf vir jóú?! Wel, dit is een aand waar die kids maar by ouma kan gaan slaap (of jy kan vir hulle sê dat wanneer Pappa by die huis kom, hulle julle nie moet pla nie want julle moet oor belangrike sake gesels agter geslote deure – al is dit net vir ’n uur of twee), jy en Manlief kry intieme tyd saam, ván die idees kos byna niks en neem nie baie tyd nie én … die beste van alles … Manlief sal minder laat werk of twee keer dink oor ’n gholf week (dit dalk eerder net ’n naweek maak) wanneer hy weet hoe hy by die huis verwelkom kan word. Lang- en korttermynvoordele – ons hou baie daarvan!

1. Neem foto’s van jouself met ’n polariod (of digitale kamera en laat die foto’s ontwikkel). Dit moet sexy foto’s wees. Nie noodwendig naak en onbeskaamd nie, maar net so sexy en braaf soos wat jy voor kans sien. Sensuele foto’s deur ’n professionele fotograaf sal ook uitstekend werk. Die foto’s moet ’n reeks wees waar jy byvoorbeeld begin met al jou klere aan op die eerste foto en dan minder klere op die daaropvolgende foto’s. Plak dan die foto’s van die voordeur af, al langs die muur, tot by julle slaapkamer. Jy wag dan in dieselfde pakkie klere wat jy op die foto’s aanhet vir Manlief in die bed. As jy braaf genoeg is, kan jy slegs die laaste stukkie klere (of geen klere – wat tegnies dan die laaste foto sou wees) aanhê wanneer hy instap.

2. Gaan bederf jouself met nuwe, sexy onderklere. Tap net voordat Manlief huis toe kom ’n bad met skuimbad, kerse rondom en sjampanje op ys. Trek jou lingerie aan en los ’n nota by met die volgende boodskap op die voordeur se handvatsel: Dankie dat jy so hard werk om vir ons te sorg. Ek waardeer dit! Kom vind lafenis in ons kamer. Verdof die ligte (of sit hulle sommer heeltemal af – jy het mos kerse) en wag Manlief in met jou nuwe nommertjie aan.

3. Wag vir hom op die bed met nét sy span se sporttrui aan. Sy vroutjie in nét ’n rugbytrui (of enige ander sport waaroor hy mal is) sal hom absoluut mal maak. En daar is ’n bonus vir jou ook … volgende keer as Manlief vasgenael voor die televisie sit en sport kyk, en jy so graag van sy aandag wil hê, hoef jy hom net te herinner aan die dag toe jy die trui aangehad het … hy sal in alle waarskynlikheid vinnig jóú knoppies druk eerder as die remote s’n.

4. Hang ’n sexy stukkie onderklere op die voordeur se handvatsel .. net om hom ’n bietjie te laat wonder en sy gedagtes te begin prikkel. Wanneer hy dan die deur oopmaak, wag jy aan die ander kant met ’n sexy uitrusting (of jou geboortepakkie as jy wil) aan vir hom. Help hom om van sy klere ontslae te raak. Bind dan mekaar se hande vas, want vanaand is ’n hands-free aand – julle gaan mekaar op ’n heel ander manier ervaar. Vat aan jou maat en wek hom op met al jou ander lig¬gaamsdele (hande is verbode). Gebruik jou borste, hare, neus, mond, bene, voete … maar net nie jou hande nie. Dit sal ’n heel ander dimensie by jul sekslewe voeg en julle sal leer om mekaar waarlik te vóél.

5. Hou ’n skattejag. Deur vir Manlief ’n liefdes-skattejag uit te werk kan ’n baie vinnige romantiese en pret manier wees om hom by die huis te verwelkom (Lovingyou.com). Jy kan dit so maklik of uitgebreid maak soos wat jy wil. Dis ook ’n goeie plan vir wanneer jy iets op die nippertjie wil/moet uitdink. Jy kan begin deur ’n briefie van die dak af by die voordeur te hang, wat hy dadelik sien as hy tuis kom, met “Ek is lief vir jou … daarop geskryf (en ’n pyltjie wat hom vir hom wys waar die volgende ‘leidraad’ is as jy wil). Die volgende briefie sê “…want jy is …” en die een ná hom “.. spesiaal, kosbaar en die beste man in die wêreld”. (Jy kan natuurlik skryf net wat jy wil). Die briefies moet hom lei tot by die slaapkamer. Los dan nog ’n briefie daar wat iets sê soos “Jy is sexy!” en ’n boks sjokolade daarby … nee, ons grap net … natuurlik moet jy, met ’n rooi strik om jou lyf, vir hom daar wag!

6. Natuurlik sal die klassieke vrou-op-die-tafel-omring-met-eetgoed ook werk. Dis baie eenvoudig: Trek jou klere uit, gaan lê op julle eetkamertafel of kombuis¬blad, bepak jouself met allerhande lekker happies, of sjokoladetjies of room en aarbeie of sushi – net wat jou hart begeer en wat jou ridder sal waardeer. Wanneer hy by die huis kom, is aandete en nagereg, waar¬voor geen man té versadig sal wees nie, reeds gereed.

Onthou, wie nie waag nie, wen nie. Daar is min mans wat nie ’n romantiese en sexy verwelkoming sal waardeer nie. En niks sê “Welkom, tuis sexy!” soos ‘hallo daar’-seks nie, want almal wil weet dat hulle gemis word en begeer word deur hul maats (Newlyweds.com).

Bronne: Funadvice.com; Lovingyou.com; Getromantic.com; Newlyweds.com

Artikel deur: Hesca Joubert