Bestanddele:

2 eiers
10ml gerasperde lemoenskil
62,5ml melk
62,5 ml lemoensap
425ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
200ml suiker
1ml sout
125ml botter of margarien

Metode:

Voorverhit oond tot 180C. Sif droë bestanddele en voeg by res. Roer met ‘n houtlepel tot bestanddele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium spoed met ‘n elektrise klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in deursnee. Bak 30 minute.

Lemoenversiersel bestanddele:

50ml margarien
5ml gerasperde lemoenskil
25ml suurlemoensap
50ml lemoensap
versiersuiker
knypie sout.

Metode:

Meng bestanddele saam en versier koek daarmee.

Jy kan ook jou lemoen of suurlemoenkoek bak en LEMON CURD gebruik as versiersel.

Bron: kreatiewe kos idees