Niks laat ‘n mens só goed voel soos wanneer jou vel vlekvry en gesond gloei nie. Wanneer jou vel op sy beste lyk, is manlief ook sommer vir jou ‘n ouliker mens en sien jy kans vir énigiets wat date night na jou kant toe gooi!

QMS Medicosmetics is geformuleer deur Dr. med. Erich Schulte, ‘n estetiese sjirurg, lektor en internasionale gesaghebbende figuur oor vel-veroudering en vel regenerasie. Sy reeks is gebaseer op navorsing oor kollageen-verhoogde tegnologie om dié regeneratiewe velsorgstelsel te ontwikkel.

Dis onvermydelik dat ‘n mens se vel geaffekteer word deur omgewingstoestande en verwaarlosing (selfs al pas jy dit hóé mooi op!). Die uiteinde is letsels, merke en ‘n veranderinge in veltekstuur. Niemand kan veroudering vryspring nie en soos wat ons ouer word, word die vel se vervaardiging van kollageen vertraag.

Dr. med. Erich Schulte, die stigter van QMS Medicosmetics het gekyk na die genesing van wonde en ontdek dat kollageen baie doeltreffend is hiervoor! Hy het in die 1970’s by die Maxillo Faccial Department for Reconstructive Plastic Surgery in Duitsland gewerk. As hy ‘n beter manier kon vind om die vel weer aan kollageen bekend te stel, sou letsels nie so maklik vorm nie en die vel weer regenereer. In 1987 het hy QMS Medicosmetics as ‘n volledige velsorg en vernuwingstelsel ontwikkel, bestaande uit produkte wat beskikbaar is vir gebruik in skoonheidsalonne, spas en by die huis.

QMS Medicosmetics se klassieke stel bestaan uit Exfoliant Fluid, Day Collagen en Night Collagen, en dit vorm die basis van uitsonderlike velsorg, beskikbaar vir verbruikers.

So, dít wat ons almal graag wil weet: Is daar enige manier waarop ons die tekens van veroudering kan vertraag en tyd kan terugdraai deur dieet en leefstyl? Dr. Schulte meen daar is! ‘n Gesonde leefstyl en dieet kan beslis die gesondheid en kwaliteit van die vel verbeter – wat dan ook weer ‘n vertraging in die tekens van veroudering tot gevolg het. Weet egter dat daar beperkings is met hierdie metode en dat jy, vir die beste resultate, ook maniere moet vind om jou vel se gesondheid van binne-af ‘n hupstoot te gee. Nutricosmetics is ‘n uitstekende manier om dit te doen, meen hy.

Dr. Schulte het Intravital spesifiek geformuleer om die vel te herkondisioneer, te regenereer en te beskerm. Intravital Plus neem die voortou in nutrikosmetika deur vel-regenerering vanuit ‘n aanvulling. Elke kapsule bevat al die belangrike vitamine om die vel se struktuur van binne af te kondisioneer, te regenereer en te beskerm. Die hoë konsentrasie van voordelige bestandele verbeter die vel se kwaliteit vir ‘n gevoel van skoonheid, welstand en lewenskragtigheid uit ‘n kapsule.

Die kenteken van QMS Medicosmetics is om optimum konsentrasies van aktiewe bestandele in hul produkte te inkorporeer. Dít sorg vir maksimum absorbsie sodat die bestandele geaktiveer kan word. Elke produk word ontwikkel vanuit ‘n mediese begrip van hoe die vel funksioneer. Vir jou gloeiende gelaat, gereed vir date night, ondersoek QMS Medicosmetics…

Vir meer inligting besoek gerus www.futurethis.co.za