“Is dit aanvaarbaar vir ons om beide kru woorde te gebruik wanneer ons seks het? Dis deel van my maat se ‘dirty talk’ en gee hom ’n ‘kick’ – maar dit walg my. Dit is al wanneer hy dit gebruik. Hy vra my ook dan kru vrae. Is dit normaal. Help asseblief!”

Dr Elmari Mulder Craig, ‘n seksuoloog, verhoudings-en huweliksterapeit, psigoterapeut, kliniese hipnoterapeut en outeur antwoord:

Baie mense vind dit opwindend om soms tydens seks kru taal te gebruik. Dit is dikwels nie taalgebruik wat hulle normaalweg sou gebruik nie. Dit is belangrik om jou maat te vra hoekom dit vir hom stimulerend is en dan ook vir jouself in dieselfde asem te vra hoekom dit jou so afsit. As dit iets is wat net soms gebeur, kan ’n mens dikwels ’n kompromie bereik, veral as jy verstaan dat dit maar soos fantasieë werk en dat verskillende dinge vir verskillende mense eroties is.

Dit is belangrik dat julle daaroor gesels en tot ’n ooreenkoms kom. Gaan sien ’n seksuoloog indien julle sukkel om dit op te los.