“Connection Impact” is gebore in die harte van Kobus en Linda Pauw wat die goeie in die huwelik en ander verhoudings raaksien. Hulle het ‘n passie om mense so ver te kry om die potensiaal in hulle eie huweliksverhoudings te laat raaksien en ook om hulle te leer om die beste uit hierdie verhoudings te kry waarin hulle betrokke is.

Hulle en hulle span by Connection Impact glo dat die huwelik die kleinste boublok van ‘n gemeenskap is en dat as hierdie boublok gesond is en reg funksioneer, dat  dit die res van die gemeenskap op ‘n positiewe wyse kan beïnvloed. Dit het selfs die mag om gemeenskappe te transformeer. Dit is hierdie transformasiedroom wat in Connection Impact se harte leef en uiting vind in die praktyk van die huwelikslewe.

Hulle kan gekontak word by:

Kobus: 079 515 8565 en kobus@connectionimpact.co.za