Is jy moeg om vaal, voorspelbaar en vervelig te lyk? Benodig jy weer ’n goeie skoot selfvertroue en ’n ekstra wip in jou stap? Hier is dalk net die antwoord waarop jy al jare wag.

Betower jou man, familie, kollegas en selfs vreemdelinge opnuut met jou kleur- en stylkeuses. ’n Volledige kleuranalise kan jou verhoudings beduidend verbeter en weer ’n vonk tussen jou en jou maat laat ontstaan.

Eerste indrukke tel altyd
Jy het net een kans of sowat 1,5 sekondes om ’n goeie of slegte eerste indruk op ander te maak – dit is alles in jou hande! Kleur is die eerste ding wat ander mense omtrent jou raaksien en die impak daarvan is onmiddellik en langdurig.

Die invloed van kleur
Kleur het ook wesenlike ’n impak op:
• Jou liggaamsvorm
• Jou oënskynlike gewig
• Jou oënskynlike persoonlikheid
• Jou emosies en dit kan ook ander se emosies beïnvloed

In onlangse studies is daar bevind dat die volgende lys van kleure, kleure is waarop mense in die algemeen sosiaal en professioneel goed reageer.

• Gele behou die aandag van mense en hou hulle op hul tone. Dit dui ook die begin van iets nuuts aan.
• Geelgebaseerde rooie is ’n energieke kleur wat gesprek aan die gang hou.
• Ware rooie vertoon selfvertroue.
• Wynrooie toon gesofistikeerdheid en klas.
• Midreeks-bloue stel ander op hul gemak en laat interaksie gemaklik vloei.
• Hemelbloue is ’n kalmerende kleur.
• Vlootbloue stuur die boodskap uit dat jy ernstig opgeneem wil word; dit inspireer ander om te luister na dit wat jy sê en toon dat jy betroubaar is.
• Blougebaseerde rooie toon intelligensie en vroulikheid.
• Rooi-violet toon krag en kreatiwiteit.

Kies reg
Wees versigtig, want alle kleure pas ongelukkig nie by elkeen nie. Dit is belangrik om kleure te kies wat by jou natuurlike gelaatskleur pas. Deur die beste reeks kleure vir jóú te dra, kan dit ’n groot impak op jou klerekas en selfvertroue hê.

Die regte kleur kan maak dat jou velkleur:
• meer egalig vertoon
• minder plooie vertoon
• minder donker kringe vertoon
• helderder en gesonder lyk.

As jy kleure dra wat nié by jou en jou gelaatskleur pas nie, kan dit jou moeg, vaal en selfs siek laat lyk.

Daar is vier hoof tipes kleurkategorieë:
• Koel en skoon (Koel/Donker/Helder)
• Koel en gedemp (Koel/Sag/Lig)
• Warm en skoon (Lig/Warm/Helder)
• Warm en gedemp (Donker/Warm/Sag)

Bespreek jou kleuranalise by Michelle Kok voorkomskonsultant en stilis, sodat sy jou kan wys presies watter reeks kleure pas by jou en jou gelaat, watter grimering jy moet dra en watter bykomstighede die beste by jou pas.

Die regte kleur en die regte styl kan jou blou Maandag binne oomblikke verander. Dink net wat rooi lipstiffie in die oorlogsjare vir vroue beteken het. Daar is geen rede om soos Aspoestertjie te lyk of te voel nie. As Michelle Kok eers haar towerstaf swaai, sal niemand bestand wees teen die eindresultaat nie! Gebruik kleur tot jou voordeel en pluk die vrugte daarvan professioneel én persoonlik. Jou man sal sy oë nie kan glo nie.

Tel: 064 160 8540
Epos: michelle@mkimage.co.za
Facebook: @michellekokimageconsultant
Instagram: @michellekokimage