Ons weet mos nou dat mans en vrouens verskil. Ons hou daarvan om onsself emotioneël uit te druk. Ons kan maklik vir 20 minute lank uitbrei oor iets…en dan is ons steeds nie seker of ons mans ons na (daai lang verduideliking) verstaan nie. Ons wil amper begin om alles van vooraf te verduidelik…net op ñ beter manier. Die feit is…na die eerste 5 minute van die gesprek, het hulle al lankal van die bus afgeval.

Wanneer mans gaan eet by ñ restaurant en die rekening kom, sal elkeen meer uithaal as wat hy moet en dit bylas. Hulle verwag nie om kleingeld te kry nie. Wanneer vrouens gaan eet by ñ restaurant en die rekening kom, pluk almal calculators en papiertjies uit om sommetjies te maak.

Mans sal gewoontlik net koop wat hulle regtig nodig het, terwyl ons ñ item sal koop (wat ons weet ons heel waarskynlik nooit gaan gebruik of dra nie) net omdat die ding afgemerk is. Ons het mos ñ oog vir ñ wins-kopie…die Bybel sê dan so!

ñ Vrou het gewoontlik die laaste sê in ñ argument. Enige iets wat ñ man daarna sê is die begin van ñ nuwe argument. Ons moet ook alles onthou…wanneer ons kinders waar moet wees,tandarts afsprake, verjaarsdae, ñ uitnodiging na ñ braai, selfs ons vriendinne se geheime en drome. ñ Man onthou vaagweg dat hy sekerlik moet eet, slaap en toilet toe gaan. Ons kry ook gewoontlik ñ “if-looks-could-kill” tipe kyk wanneer ons hulle inlig van ñ afspraak (selfs al staan dit lewens groot op die nota bord én jyt hom al 5 keer vantevore daaroor ingelig).

Ek en my man het die ander aand ñ gesprek. Ek is nie 100% seker presies waaroor ons gepraat het nie, maar ek onthou die volgende woorde…”jy is mos ñ plain Jane”

Later die aand raak ek stil en die woorde maal deur my kop. Dit wil-wil my eers ontstel maar die Heilige Gees kom openbaar iets baie mooi omtrent dit…plain Jane…Jane – soos in die movie Tarzan. Wie is Jane? En ñ paar goed omtrent haar staan sommer vir my uit:

  • Sy het moeite gedoen om met ñ man te kommunikeer. ñ Man wat nie kon praat in haar taal nie. Sy het haar manier van kommunikeer opsy geskyf om dinge vir hom makliker te maak. Sy het sy taal gepraat.
  • Sy was geduldig.
  • Sy het hom aanvaar net soos hy is. Sy het hom nie probeer verander nie.
  • Sy het alles opgeoffer vir hom. ñ Lewe waaraan sy gewoont was vir ñ lewe saam met hom. ‘Waar jy gaan sal ek gaan’ is ñ baie mooi voorbeeld hier.

Ek dink ons as vrou kan baie hieruit leer. Is dit nie maar basiese goed wat God van ons verwag nie?

Op ons troudag het ek en my man die volgende trou beloftes aan mekaar beloof:

Waar jy gaan, sal ek gaan; waar jy bly, sal ek bly; jou volk is my volk; jou God is my God; waar jy sterf, sal ek sterf. (Rut 1:16-17)

So volgende keer as iemand na jou verwys as ‘n ‘Plain Jane’…dink aan die boodskap…en wees ‘n Jane met trots <3

Liefde
~M~
#VROUWEES
#VSE