Hoe maak jy jou maat jou nommer een? Ons gee jou 8 maklike maniere!

1. Hou by jou woord. Een van die belangrikste maniere waarop jy jou maat ’n prioriteit kan maak, is om jou beloftes te eer. As jy gesê het jy sal saam met hom
na die werksgeleentheid gaan, doen dit. As jy gesê het jy sal halfvyf by die huis wees, wees betyds.
2. Kommunikeer soos ’n “pro”. Dit beteken dat jy praat én luister sodat jou man belangrik voel. Sodra die kinders eers daar is, is dit maklik om soos skepe in die nag by mekaar verby te beweeg. Parallel. Mans en vroue moet gereeld gesels oor dinge wat saak maak. Nie net roetinesake nie, maar hartsake. Kyk mekaar in die oë, stel belang in mekaar se woorde en moenie mekaar in die rede val nie.
3. Moenie altyd op die verdediging wees nie. Jou maat moet veilig genoeg voel om te kan sê wat hy/sy op die hart het, sonder dat jy op die verdediging spring en ammunisie bymekaar maak om terug te skiet. Onthou, julle is ’n span, nie kompetisie nie.
4. Doen moeite met intimiteit. Nie net seks nie (hoewel dit ook baie belangrik is), maar ook emosionele intimiteit. Gesels oor diep dinge, ver verby die alledaagse. Stel jouself soms bloot voor jou maat deur te bieg oor wat jou pla.
5. Wees waarlik teenwoordig. Wanneer jou maat siek is ofseerkry, wees emosioneel en fisiek daar vir hom/haar. Jy kan jou maat bystaan deur tyd saam met hom/haar deur
te bring, jy kan hom/haar ondersteun deur te troos.
6. Toon gereeld belangstelling. Vra hoe dit gaan. As jy weet hy/sy het ’n belangrike voorlegging gehad om te lewer, vra hoe dit hiermee gegaan het. Maak seker jy bly in voeling met jou maat deur deel te wees van sy/haar wêreld.
7. Skeduleer tyd saam met jou maat. Soms is date nights nodig en soms net ’n koffie waartydens jy jou driejarige stilmaak deur te sê: “Dit is nou my en pappa se beurt
om te gesels. Speel gou ’n bietjie met jou Lego sodat ek vir pappa kan luister en daarna sal ek weer hoor wat jy wil sê.”
8. Hanteer hom/haar soos ’n medemens. Soos die Bybel voorskryf – met respek. Praat mooi en moet hom/haar nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Jou maat is, na alles, jou
belangrikste persoon…

Hierdie is ‘n uittreksel uit ‘n vorige uitgawe, INTIEM Apr/Mei 2016. Kry die digitale uitgawe deur die skakel te volg: http://bit.ly/INTIEM_Apr_Mei_2016