As jy vir die eerste keer swanger is, voel jy waarskynlik heeltemal oorweldig. Almal vertel jou wat om te eet en nie te eet nie, wat om te doen en wat om te vermy. Boonop is jou lys van benodighede só lank en jy weet nie meer wat is nodig en wat is níé. . .

Swanger ma’s is ’n weerbare mark – jy wil net alles hê wat goed is vir jou kind. Maar is alles wat oop-entoemaak, liggies het en liedjies sing, werklik belangrik vir jou ongebore baba? Nie eintlik nie.

Elke ma wat reeds kinders het, sal vir jou uitlig dat daar sekere dinge is waarop jy beslis kan bespaar en ander dinge waarop jy daardie geld behoort te te bestee. Aangesien motorveiligheid die verskil tussen lewe en dood kan beteken, is dit iets waarop jy liefs nie moet bespaar nie.

Miskien oorweeg julle dit om ’n nuwe motor aan te skaf wat nou beter by jul behoeftes as jong ouers gaan pas. Julle sal dit waarskynlik prakties en verantwoordelik benader – sonder om styl prys te gee.

Onthou dat kattebakgrootte, maklike toegang, die teenwoordigheid van ISOFIX kinderstoeltjie ankerpunte, lugsakke, veiligheid en ekonomie alles faktore is wat jy moet oorweeg.

Die Volvo reeks is geskik vir gesinsbehoeftes op elke vlak – of dit nou ’n meer kompakte voertuig soos die Volvo V40 of ’n groter SUV soos die Volvo XC90 is. Al Volvo se voertuie het minstens ses lugsakke, ISOFIX, 5-ster Euro NCAP veiligheids- graderings en praktiese kenmerke.

Swanger ouers wat ’n Volvo koop, terwyl hulle swanger is, kry boonop die geleentheid om, in enige stadium van die eerste jaar van hul Volvo eienaarskap, drie maande lank asem te skep in hul afbetalingsplan indien bewys van swangerskap deur ’n ginekoloog gelewer kan word. Volvo bied aan nuwe ouers dié geleentheid omdat hulle weet dat swangerskap stremming op jong ouers se begroting plaas.

As jy enige onsekerheid het oor jou veiligheid tydens swangerskap, of hoe om jou nuutgebore baba veilig te vervoer, kan jy Volvo se gids* oor kinderveiligheid in motors ondersoek. Die maatskappy doen al sedert die 1960’s navorsing hieroor en bemark hul eie kinderstoeltjies wat getoets en gesertifiseer is.

“Linda” is Volvo se swanger plettertoetspop en word spesifiek gebruik om veiligheidstelsel teen ongelukke gedurende swangerskap te verfyn. Volgens Volvo moet die veiligheidsgordel (wat Volvo ontwikkel het) ná aan die liggaam pas, met die diagonale gordel tussen die borste en teen die sy van die magie. Die skootgordel moet plat lê en so laag moontlik onder die maag verby gaan – nooit bo-oor die heupe of magie nie.

Dink goed na oor wat werklik belangrik is gedurende jou swangerskap en maak jou én jou baba se veiligheid prioriteit nommer een.

*Vir meer inligting rakende voertuigveiligheid tydensswangerskap, besoek volvocars.com/za/childsafety