default image

Die weeklikse nuusbrief “is absoluut inspirerend!”

Adéle November 13, 2018

default image

Dis regtig baie goeie huweliksinspirasie! Ek moedig almal aan om by INTIEM se nuusbrief aan te sluit!

Janke October 22, 2018

default image

INTIEM laat jou laat goed voel en inspireer jou.

Ek wil graag ook beklemtoon hoe ‘n groot verskil jy in jou familie en kinders se lewe kan maak met ‘n gesonde, standvastige huwelik. Moet die effek hiervan nie onderskat nie of “gewoond” aan jou lewensmaat raak nie. Dit kan steeds lekker en ‘n groot avontuur wees! Ek gaan nou vir 9jaar en sal dit vir niks verruil.

Ons almal kan ‘n gelukkige huwelik hê….

Mart-Mari October 22, 2018

default image

As ‘n 35 jarige ongetroude vrou voel ek baie keer soos Bridget Jones  as familie of vriende vra  wanneer ek gaan trou. Ek probeer maar  om die ongemaklike vraag humoristies  te beantwoord deur te sê: “ wanneer jy die uitnodiging kry” Dit bly egter maar ‘n ongemaklike onderwerp wat ‘n bietjie angstigheid in mens laat opvlam. Ek dink partymaal : “Sê nou net hulle is reg en ek raak te oud” of as ek sien hoeveel mense al geskei is wat ek ken, wonder ek partymal of dit ‘n  nog ‘n goeie idée is om te trou. Gelukkig word my angstige gedagtes vinnig stil gemaak deur die  positiewe artikels  in Intiem. Ek word net verseker dat vrees nie ‘n goeie rede is om te trou nie en ook nie ‘n goeie rede is om jou te weerhou om te trou nie. As albei partye bereid is om aan die  huwelik te werk  en bereid is om na goeie raad te luister soos  in Intiem, is ek seker ‘n mens kan ‘n suksesvolle huwelik hê. Ek het besluit al lyk die egskeiding statistiek nie rooskleurig nie sal ek nie negatief wees oor  ‘n huwelik nie. Ek het ook besluit al vra mense my hoeveel keer wanneer ek gaan trou sal ook nie net trou omdat ek ouer word of omdat  dit die norm is nie. Ek wil vir die regte redes trou. So as die tyd reg is sal ek die huwelik dapper aanpak met ‘n Intiem artikels elke maand in die hand.

Groete

Jenine

June 20, 2018

default image

Die huwelik is die mooiste blomtuin wat mens ooit kan hê. Soos enige mooi blomme tuin het dit liefde en aandag nodig, dit moet gereeld versorg word, daar moet gereeld water gegee word en die bossies moet uitgehaal word. Dankie aan INTIEM wat help om hierdie pragtige blomtuin in stand te hou met jul wonderlike artikels. Hierdie jaar is ek en vroulief vier jaar getroud en ons moes al baie bossies uittrek en gesnoei word om mooi te kan blom, ons kon ook hierdie jaar nog ‘n slot gaan byvoeg by ons ander slotte op die Love Bridge [in Magnolia Dal, Pretoria]. Dit is ons iets spesiaals om elke jaar nog ‘n slotjie aan die groot slot te gaan voeg en weer stil te kan word en die Here te kan dank dat Hy die rots is van ons huwelik en dat Hy ons saam as man en vrou gevoeg het, uitdagings is daar ja, maar Hy help ons om daar deur te kom. Die huwelik is iets spesiaal, koester dit.

Peter May 5, 2018

default image

Ek lees nou al twee jaar lank INTIEM se artikels en ek mis dit vir niks. Ek wil net baie dankie sê vir al die verrykende artikels – daar was ‘n tyd wat ek nie meer geweet het wat werk en wat nie, maar danksy INTIEM gaan dit baie goed met ons huwelik.  Dankie INTIEM, ons lees en leer lekker.

Beatrice May 5, 2018

default image

Baie dankie vir wonderlike artikels. Dit het ons opnuut geleer om elke dag mekaar te waardeer en ‘n Christelike verhouding te hê. Dit leer ons om nooit mekaar vanselfsprekend te neem nie en elke dag te werk aan die huwelik. Dankie weereens.

Eloise May 5, 2018

default image

Intiem is Tops. Mens leer verskriklik baie hier uit. Hou aan met die goeie werk. God se seeninge is met almal vandag.

Clayton May 5, 2018

default image

INTIEM het my baie kom leer en dis die enigste artikels wat my man geniet om saam met my te lees en dan bespreek ons die onderwerpe agterna. Dankie

Karen May 5, 2018

default image

Dankie vir julle 64 vrae (lekker pret naweek). Ek gaan dit beslis doen. Dis heel iets anders, en kan ook so jou maat beter leer ken. Soos ek my man ken gaan dit net lag en lag aand wees. Julle is puik xxx

Stek May 5, 2018

default image

Ek geniet die hupstoot idees vir die slaapkamer baie en ons beproef dit en behou die goeie lekkerstes en ons albei is dankbaar vir die nuwe oemf in ons lewe op 50.

Esmé May 5, 2018

default image

Voel of die nuwe maandtema so vir my bedoel is. Ek sukkel om te vergewe en vergeet. En dan dra ek so baie seer in my hart. Ek gaan hierdie uitgawe op my hart dra. Dankie.

Anet May 5, 2018

default image

INTIEM voel vir ons soos ’n familie wie almal mekaar help met raad oor ’n huwelik. Ons is dalk wel nog net verloof, maar lees intiem al vir 4 uit die 5 jaar wat ons saam is. Het al baie geleer daaruit. Ons kan nooit wag om te sien wat die volgende maandtema is nie. Sal dit vir enige iemand voorstel. Dankie aan die hele span (en behind the scenes) wie dit moontlik maak.

Madelein May 5, 2018

default image

Ek sien die tydskrif gereeld, maar het nie regtig aandag gegee aan die titel nie. Tot gister. Ek het ‘n gratis INTIEM-tydskrif gekry saam drie ander tydskrifte wat ek gewoonlik lees, maar ek het ‘n behoefte gehad om eerste die INTIEM-tydskrif te gryp en te lees omdat ek so baie vrae gehad het. Ek het onlangs verloof geraak  en ek het nie ‘n voorbeeld van hoe ‘n regte huwelik moet wees nie.

Dit is Sondag en ek sit in die bed en lees INTIEM, en  dit voel dadelik of ek verlig is omdat ek voel ek het hulp van oral. Raad wat my kan help. Ek het die fondasie gekry vir ons nuwe huwelik. Ek wil gereelde lesers aanraai om net vir een persoon ‘n INTIEM-tydskrif te gee. Jy weet nooit of jy hulle dalk help om ‘n vraag te beantwoord nie. Ek kan nie wag vir die volgende uitgawe nie.

Mickey May 5, 2017