Jy ken jou wapens en weet dat wanneer jy jou man se guns moet wen, jy moet net jou skelpienk rokkie dra. Hoekom? Want jou skelpienk rokkie het ‘n láe halslyn en wanneer jy dié nommertjie dra, kan hy sy hande nie van jou af hou nie.

Elke vrou se verhouding met haar borste verskil. Dalk is jy gelukkig met joune nét soos hulle is. Miskien sou jy nie omgee om ‘n groter bra te kon koop nie – of dalk sukkel jy met rugpyn vanweë ‘n borsmaat waaraan jy swaar dra. Daar is Evas wat deur die jare hul borste as ‘n manipulasie-instrument leer gebruik het en dan is daar dié vroue wat moes vrede maak met nuwe borste ná ‘n kankerstryd. Hoe dit ook al sy, ons verhouding met ons borste is uniek. Ons manne het beslis ‘n heel ander verhouding met ons buuste wat soms ons verstand te bowe gaan!

So, waarom kan manlief nie die tweeling uitlos nie? Navorsers het verskillende teorieë hieroor. Studies het gevind dat mans van groter borste en ‘n hoër middel-tot-heup ratio hou omdat die uurglas figuur jeugdigheid en fertiliteit kommunikeer. ‘n 2004 studie het selfs gevind dat vroue met groter borste hoë vlakke van die hormoon estradiol in die middel-van hul siklus het, wat fertiliteit bevorder.

‘n Ander studie waarin antropoloog Clellan Ford en etholoog Frank Beach 191 kulture ondersoek het, is bevind dat borste slegs in 13 van daardie kulture as seksueel belangrik geag word. Nege van hierdie kulture verkies ook groter borste. Vertel jy jou Afrikaanssprekende man hiervan, sal hy waarskynlik stom van verbasing staan. Hy sal immers nie kan dink dat daar kulture in die wêreld is wat hierdie geskenk nie waardeer vir wat dit is nie Dis biologies deel van manwees. Navorsing toon dat wanneer mans met borste gekonfronteer word (of selfs net met borsverwante stimuli, soos bra’s) hulle dadelik begin om slegte besluite te neem.

Biologies gesproke is mans die enigste soogdier ter wêreld wat gefassineer word deur borste as seksuele objekte. Vroue is die enigste van die vroulike soogdiere wie se borste vergroot gedurende puberteit en ook die enigste spesie wie se borste gestimuleer word gedurende voorspel en seks. Nou die gróót vraag: Hoekom soveel manne se obsessie met gróót borste? Vra die deursnee man en hy sal vir jou iets sê soos: “Daar is nie so iets soos ‘te veel van ‘n goeie ding’ nie…”

Teorieë hieroor verskil natuurlik ook. Pshychology Today beskryf dit as “hulpbron onsekerheid” en dat mans wat aangetrokke is tot groot borste dit sien as ‘n “teken van vet-reserwes” wat toegang tot hulpbronne adverteer. ‘n Ander studie deur navorsers het weereens gedui op borste as teken van fertiliteit – hoe groter die buuste, hoe groter die fertiliteit. Tog, doen ‘n informele meningspeiling op straat en, wanneer dit by voorkeur kom, verskil manne se smaak – ook ten opsigte van borste.

As manlief egter hou van “goeie toegang tot vet-reserwes en groter fertiliteit”, is hier ‘n paar wenke vir wanneer jy nie wil hê hy moet helder dink nie:

• Dra ‘n opgestopte bra. Die winkels is volop – te kies en te keur in elke materiaal en in elke kleur. Vervang dus al jou uitgewaste bra’s met ‘n ópstoppertjie!
• Kontoer jou borste. Kontoergrimering (contouring) is ‘n gonswoord in die kosmetiese bedryf. Met die gebruik van ‘n poeierkwas, ‘n verbronser en ‘n verligter kan jy wondere verrig.
• Beproef die reeks produkte van Biobust, ‘n natuurlike reeks aanvulling wat bestaan uit kapsules en rome en beloof om die borste te verferm en te lig.
• Werk aan jou postuur. Loop regop en siedaar – jou borste vertoon dadelik fermer en groter!

Beproef dié tegnieke en hou manlief se reaksie dop…

Vir meer inligting besoek gerus www.biobust.co.za

Addisionele bronne: www.viralthread.com; www.livescience.com;