Dit beteken vir ’n vrou die wêreld wanneer jy waarlik luister. Nie ’n idee hóé nie? Só doen jy dit:

• Wees dáár waar sy is. Die meeste van die tyd dwaal ons gedagtes, maar skakel die televisie af en fokus. Om haar jou onverdeelde aandag te gee, is moeiliker as wat jy dalk dink. Veral wanneer daar ’n lekker liedjie oor die radio speel . . .
• Jy moet elke dag met vroulief praat. Neem die tyd om met haar te kommunikeer. Jy hoef nie veel te sê nie, vra net so af en toe vrae. Maar laat haar die meeste van die praatwerk doen.
• Moenie selektiewe gehoor toepas en afskakel as sy weer begin klets oor haar hare nie.
• Herhaal die kern-idees wat sy sê. Só weet sy dat jy wel na haar geluister het en aandag gee aan wat sy sê. Raak opgewonde saam met haar en toon emosie.
• Hou jou mond botdig toe. Sy deel miskien haar dag met jou, maar sy kan dit onmoontlik doen as jy haar heeltyd onderbreek! Bly stil en laat haar toe om te praat.
• Wees onpartydig wanneer jy luister. Jy hoef nie saam te stem nie, die doel is om te verstaan.
• Onthou dat sy omslagtig gesels en dat dit van jou verg om tussen die lyne te lees. As sy sê: “Ek is so moeg daaroor om elke oggend koffie te maak,” beteken dit eintlik: “Sal jy nie so af en toe koffie maak nie?”
• As jy beter luister, sal jy afleidings kan maak, voor dinge buite beheer raak. Vroue noem iets, daarna begin hulle kla en daarna begin hulle te kere gaan. So, as jy dit by ‘noem’ reeds optel, of selfs voor sy dit hoef te ‘noem’, sal jy die drama gespaar bly.
• Om te luister, is een van die belangrikste aspekte van ’n suksesvolle verhouding. Om aan iemand anders se behoeftes te voorsien, is onmoontlik as jy nie weet wat hulle is nie.
• Moet haar nie verkleineer nie. Moenie haar vertel dat sy ’n verwronge beeld van dinge het of dat jy van beter weet nie. Die idee is om ’n aangename gesprek met haar te hê, met die doel om deure na die verhouding oop te maak.
• As jy dan nou van haar moet verskil, verskil. Maar doen dit op ’n respekvolle manier deur regverdig te wees en seker te maak dat albei partye gehoor word. Sodra die gesprek verby is, moenie probeer om die laaste sê in te kry nie!

Bronne: www.ehow.com; www.hubpages.com