Om getroud te wees is lekker, ne? Wat ‘n voorreg om permanent jou sielsgenoot by jou te hê!

Elke huwelik gaan deur goeie en minder goeie tye, maar om ‘n getrou te bly en die groter prentjie vir jou huwelik in oog te hou, is ‘n leefstyl wat gekweek kan word!

Navorsing bewys dat 2 van die top 5 voordele van gelukkig getroud wees, ‘n gesonder en langer lewe is! Dis reg! Jy leef langer as jy gelukkig getroud is…

Niemand trou met die gedagte dat hulle sielsongelukkig wil wees “until death do them part” nie, korrek? Jy trou met jou beste maatjie, jou vriend, jou vertroueling, jou rots, jou “superhero”… Maar… geen huwelik is net maanskyn en rose nie! Hoe kan ek seker maak dat my huwelik HOU? Statistieke wys dat 1 uit elke 3 paartjies skei… Hoe kan ek sorg dat ek nie deel van die statistieksyfer van gebroke huwelike word nie?

Wees vir ‘n oomblik 100% eerlik met jouself. Kan jy met ‘n geruste hart sê dat jou huwelik PRESIES is soos jy dit wil hê? Kom ons stel dit anders – as jou huwelik op presies dieselfde trant aangaan wat dit nou aangaan, sal jy gelukkig en vervul voel tot die dag wat die dood jul skei? Is jou huwelik opwindend? Lekker? Vol verrassings? Veilig? Gelukkig?

As jou huwelik vandag tot ‘n einde sou kom, wat sou jy verloor? Maak die idee jou bang? Voel dit of iemand die mat onder jou uitruk, net by die blote gedagte daaraan?


Waarmee sukkel paartjies die meeste?

  • Mense raak verveeld. Gefrustreerd.
  • Mense leef verby mekaar.
  • Hulle praat, maar hulle HOOR mekaar nie.
  • Paartjies verstaan mekaar net nie meer nie.
  • Hulle raak “gewoond” aan mekaar.
  • Intimiteit. Kommunikasie.
  • Die lys gaan aan en aan.

Wat as ons jou kan help om jou huwelik van ‘n 6 uit 10 na ‘n 8 uit 10 te vat? Van 7 uit 10 na 9 uit 10? Van 8 uit 10 na 10 uit 10? Van 9 of 10 uit 10 na “sjoe, ons is sommer weer van voor af verlief op mekaar!!”?

Jy kan binne 7 weke ten minste 2 punte opskuif in jou huwelik…

In samewerking met Marriage Capsule, wil INTIEM ‘n verskil in JOU lewe maak.

Deur ons 7 stap metode, gaan jy waardevolle insig in jou eie, sowel as jou maat se manier van dink, omgee, en liefwees vir mekaar kry… Sien dit as ‘n hupstoot tot ‘n beter huwelik, maak nie saak in watter fase van die huwelik julle tans is nie! Ons gee jou die “How to guide” wat jy eintlik op jou troudag al moes gekry het….

  • Ons wil jou leer hoe om jouself en jou maat beter te verstaan.
  • Hoe om te praat sodat julle mekaar kan HOOR, nie net om die stiltes te vul nie.
  • Ons wil jou help ontdek hoe jy weer van voor af op jou maat verlief (en lief!) kan raak.
  • Ons wil jou terugneem na die “basics” toe… jy gaan verstom staan hoeveel jy van jouself en jou maat gaan ontdek in hierdie “journey”!

En nee, moet asb nie dink ons het die kursus ontwikkel uit die standpunt waar dit altyd goed gaan in ons huwelike nie. Ons kry ook swaar, ons maak ook foute. Ons gaan ook deur egskeidings… Maar ons het besluit om die goed, die sleg, die soet en die suur van die laaste 11 jaar te neem, en dit aan te wend om ‘n VERSKIL te maak:

  • Om huwelike te verbeter.
  • Om huwelike te red.
  • Om stukkende harte te help heel maak.
  • Om jou te help om ‘n langer, gesonder, gelukkiger huwelik te hê.
  • Om die seer en verwoesting van gebroke verhoudings op die oorlogsveld te gaan aanvat en te sê: Tot hiertoe en nie verder nie!

En beste van alles is, jy hoef dit nie alleen te doen nie! Ons gaan week vir week die pad saam met jou stap, jou aanmoedig (en bemoedig), jou ondersteun en jou versterk. Meer hieroor later in die artikel…

So bietjie agtergrond oor INTIEM en Marriage Capsule…. Voor jy ons vertrou met jou huwelik, wil jy tog seker weet dat ons darem so ding of twee VERSTAAN van die huwelik?

  • In 2006 begin ons INTIEM Tydskrif, SA se nommer 1 Huwelikstydskrif. Ons leer paartjies om hard te werk in hul huwelike, maar ook om mekaar te GENIET.
  • 11 jaar later, met meer as 100 uitgawes agter die rug, verander ons INTIEM Tydskrif na INTIEM Digitaal – Ons visie is om nou al die inligting GRATIS beskikbaar te maak, en nie net vir mense wat die tydskrif kan bekostig nie. (Indien jy nog nie ons weeklikse artikels kry nie, gaan sommer dadelik na www.intiem.co.za en kyk vir die blou koevertjie op die voorblad. Voltooi jou besonderhede en sien uit na ons weeklikse bederfies in jou inbox!)
  • In 2013 begin ons met SA Huweliksweek / SA Marriage Week… ‘n weeklikse viering van huwelike wat wêreldwyd gevier word. Ons neem hande met radio stasies, televisie, glanspaartjies en ander rolspelers en ons fokus weer op die belangrikheid van ‘n gelukkige huwelik – hierdie jaar maak ons weer so!
  • Ons het 5 romantiese bootreise agter die rug, waar paartjies in hul huwelike kon investeer en hul troubeloftes kon hernu.
  • Op meer as 50 paartjie- en vrouedae het ons al saam gelag, gehuil en geleer… weereens is die tema hier gesonde en gelukkige huwelike. Die terugvoer was altyd so lekker – paartjies het ons vertel hoe hulle gehuil het van die lag, maar terselftertyd soveel waardevolle “pitkos” uit die dag kon kry wat hulle weer op hul huwelik kan gaan toepas.
  • Ons het ‘n span professionele mense agter ons met elke ding wat ons aanpak – huweliksberaders, seksuoloë, redaksiespan en die res van die dinamiese dames wat deel vorm van INTIEM.
  • Die volgende stap was om die 11 jaar se inhoud, ondervinding, lag, leer en lekker saam te vat in ‘n huwelikskursus wat ons glo die wêreld gaan verander! Dit is die heel eerste “gamified” (interaktiewe) huwelikskursus (waarvan ons weet) wat net EEN doel voor oë het: Om JOU huwelik te verryk, te versterk en te verbeter!

Hier is sommer net ‘n handjievol briefies wat ons al gekry het, van mense wat reeds Marriage Capsule voltooi het:

  • Ons is mal daaroor!!! So ‘n interessante manier van aanbieding! Dankbaar vir julle! Ons kyk met nuwe oë na mekaar! – Anime 
  • What a fantastic session. Our kneecap session resulted in just chatting and reversing back to some of the questions, moving forward again and then the questions grew into spontaneous other questions and wow, it was so good to just hear one anothers hearts…so precious! ❤❤❤ – Sonya
  • Die LOFS ontleding was regtig ‘n eye opener en werklik akkuraat! – Janine
  • Wat n openbaring!! – Petro
  • #week2 I’m a LakeOcean and hubby is an OceanSnow. What a combination 🙂 I was so excited about my husband’s results in order for him to actually SEE who he is and what he can accomplish in life. Oh, the discoveries we still have to make 😍 #9monthsofmarriage – Corlette 
  • What I love about this weeks challenge is that we are actually talking openly and for the first time there is more honesty. Husband talking more openly – #best decision we made together to this course for us and our marriage – Alida
  • Due to the fact that I work long hours and in a emotional and mentally challenging environment, hubby and I only got to do level 1 today. For the first time in 38 years we looked at our marriage through a magnified glass with the challenging questions, we spoke so openly about the questions and sometimes even ended up laughing but we learnt quite a lot about what is actually going on in one another’s hearts. A great start to a very good investment. One can so easily just become housemates as spoken about in level one, specially after being married for so many years. – Sonya
  • Wow, level 1 was a challenge but interesting. Definitely touching on topics one doesn’t normally discuss. – Petro
  • We enjoyed this wonderful adventure together –  to get to know one another better and to grow closer to each other. We can recommend Marriage Capsule to any one. – Dirk and Lorraine
  • We finished the course and it was really fun and we learned a lot about communication. We are 57 years old and in our second marriage. We have been married for 5 years now. The role of the man and wife in a marriage as well as the type of personality shed light on our own communication challenges. Our age group and being in a second marriage, we have to work really extra hard to renew our minds and understand a partner that has been in the same mind frame for ever. We really enjoyed the easy flow of the whole course and the positive and fun way you approached every area. There is no wrong or right way, it was all based on understanding and celebrating everyone’s uniqueness and strengths. – Steveleen
  • This course re-evaluates the foundation on which our commitment is build, and provides the tools to strengthen our relationship and love with one another! Thanks! Giel & Shani
  • “It was a black day in my life when I bought Marriage Capsule Method on Black Friday. 10 Days later and wow! I want to buy a bundle of these courses for all the people in my life. Thank you! – Servaas
  • As Marriage Capsule is accessible online, it gives us the flexibility to work through the levels on our own time, and to meditate on the content before moving on to the next topic. This is especially helpful as we have a baby and find it difficult to set aside long periods to attend a marriage course or watch long dvds, for example. We especially enjoyed the “knee cap” session where we could look each other in the eye and be real about the status of our marriage. The gamification of the course is something unique and makes it interesting and interactive. If you have done marriage courses in the past and are looking for something new, or if you or your spouse find courses or reading books dull, then we would definitely encourage you to try Marriage Capsule! – Kobus and Alet-Marie

Nou wat nou…??

Is jy gereed om in jou huwelik te belê?

Is jou moeg vir ‘n lou-warm huwelik?

Besef jy hoe kosbaar jou huwelik is en dat jy voortdurend daaraan moet werk?

Dan is dit nou die tyd om INTIEM / Marriage Capsule 7 week uitdaging in jou huis te nooi!

As jy “ja” sê vir hierdie 7-weke uitdaging kry jy die volgende:

  • ‘n 7 stap Huwelikskursus (7 weke) wat INTIEM saam met jou gaan doen!
  • Elke week kry jy ‘n spesifieke les/uitdaging wat jou huwelik gaan versterk!
  • Jy word deel van ‘n spesiale (geheime!) Facebook groep waar jy toegang het tot ‘n huweliksberader!
  • Jy het voortdurende kontak met ‘n mentor wat daar is vir raad, idees en ondersteuning.
  • Daar is selfs glanspaartjies wat jou tydens hierdie 7 weke gaan motiveer en aanspoor.
  • Die volledige inhoud van die Marriage Capsule kursus in die vorm van ‘n e-boek!
  • Ons Vrae & Antwoorde eBoek wat saamgestel is uit vrae wat ons oor die jare ontvang het en wat deur ons INTIEM medewerkers beantwoord is.
  • Die INTIEM Libido-Kursus eBoek!
  • Alles wat jy moet weet van Erektiele Disfunksie – eBoek
  • 365 romantiese boodskappe eBoek!
  • 90 wenke hoe om jou man se hart te steel eBoek (deur dr Arnold Mol)
  • 90 wenke hoe om jou vrou se hart te steel eBoek (deur dr Arnold Mol)
  • PS – Daar is ook ‘n “VIP” pakket wat ‘n pragtige gegraveerde houtkissie met wyn insluit… net vir ingeval jou maat daardie ekstra tikkie motivering nodig het!!

Die 7 vlakke is as volg:

  • Is dit nog die moeite werd om getroud te wees?
  • Wat is jou en jou maat se onderskeie temperamente en hoe beinvloed dit jul huwelik?
  • Wat is ‘n man se grootste behoefte?
  • Wat is ‘n vrou se grootste behoefte?
  • Kommunikasie: Praat Mooi. Luister regtig.
  • Seks in die huwelik.
  • Aksieplanne vir ‘n suksesvolle huwelik.

Meer as 10 jaar se ondervinding by INTIEM Tydskrif (in samewerking met ‘n fantastiese redaksiespan, seksuoloë, beraders, skrywers, medewerkers en ambassadeurs) is nou saamgevat in ‘n unieke 7-stap metode wat paartjies leer hoe om “Die huwelik beter te doen”.

Hierdie is nie “net nog ‘n vervelige huwelikskursus” nie! Ons is oortuig daarvan dat Marriage Capsule ‘n eerste in die wêreld is! ‘n Interaktiewe huwelikskursus, met unieke elemente genaamd “gamification” (“badges/leaderboard/quizzes”….) omskep in ‘n elektroniese kursus (e-kursus) met ‘n formule wat beloof om ‘n verskil in jou huwelik te maak!

Maak nie saak of jy verloof is, pasgetroud, of al meer as 7 sakke sout saam opgeëet het nie, Marriage Capsule is ontwerp vir mense wat hulle huwelik wil laat werk, ongeag die omstandighede en uitdagings wat die lewe na hul kant toe gooi nie! Ons gee jou al die hulpmiddels wat nodig is om jou huwelik weer te maak werk en te laat hou!

Het jy dalk onderliggende vrese oor ‘n moontlike egskeiding? Oor ontrouheid? Is jy dalk bang jy word verveeld? Of voel jy jou huwelik is op ‘n goeie plek, maar jy wil steeds aanhou om daarin te belê, dit te versterk en te verbeter?

Marriage Capsule kan jou help om daardie vrese en ideale te identifiseer en aan te spreek – Om in jou huwelik te belê is noodsaaklik… en ons het al die hulpmiddels om dit briljant te kan doen!

Ons maak dit vir jou maklik om deur al die vlakke te werk, deur dit in ‘n program van 7 weke (1-2 ure per week) op te deel. Dis haalbaar en sal in jou daaglikse program kan inpas! Ons neem jou op ‘n reis van ontdekking, alles in die gemak van jou eie huis – al wat jy benodig is ‘n selfoon of rekenaar met internet konneksie. Sodra jy die program suksesvol voltooi, kry jy ‘n amptelike sertifikaat en jul name word in die “International Marriage Hall of Fame” aangeteken – voorwaar ‘n prestasie wat gevier moet word!

JA! Vertel my meer van die 7 Weke Huweliksuitdaging en die 7 Geheime wat my Huwelik sal verander!