Op jul troudag het die woorde “for better or for worse” soos musiek in jou ore geklink, reg? Nou, so paar jaar later, wonder jy wat fout gegaan het met die simfonie, want alles voel vir jou so bietjie van die noot af op die oomblik… En jy wonder dalk hoekom daar meer “worse” as “better” oorgebly het… Klink dit bekend?

Niemand trou met die gedagte dat hulle sielsongelukkig wil wees “until death do them part” nie, korrek? Jy trou met jou “soul mate”, jou vriend, jou vertroueling, jou rots, jou “superhero”… Maar… geen huwelik is net maanskyn en rose nie! Hoe kan ek seker maak dat my huwelik HOU? Statistieke wys dat 1 uit elke 3 paartjies skei… Hoe kan ek sorg dat ek nie deel van die statistieksyfer van gebroke huwelike word en moet sien hoe my hele gesin in twee geskeur word nie?

Wees vir ‘n oomblik 100% eerlik met jouself. Kan jy met ‘n geruste hart sê dat jou huwelik PRESIES is soos jy dit wil hê? Ons weet geen huwelik gaan elke dag soos ‘n goed ge-oliede masjien loop nie, dis nie waarna ons verwys nie. Maar, is jou huwelik alles wat jy gedink het dit gaan wees? Is daar so hier en dalk dalk ietsie wat krap, soos Chris Chameleon sing in die liedjie “Klein Klein Jakkalsies….”? Kom ons stel dit anders – as jou huwelik op presies dieselfde trant aangaan wat dit nou aangaan, sal jy gelukkig  en vervul voel tot die dag wat die dood jul skei? Is jou huwelik opwindend? Lekker? Vol verrassings? Veilig? Gelukkig?

As jou huwelik vandag tot ‘n einde sou kom, wat sou jy verloor? Maak die idee jou bang? Voel dit of iemand die mat onder jou uitruk, net by die blote gedagte daaraan? ‘n Goeie vriendin het eendag gesê haar egskeiding was so seer, dat sy op stadiums gevoel het sy gaan dood… en op ander stadiums GEWENS het sy gaan eerder dood…

Wanneer man en vrou trou, word 2 mense een. Twee harte. Twee siele. Baie drome. Wanneer dit in skerwe spat bly daar vir ‘n ruk net ‘n halwe hart oor. ‘n Seergemaakte siel. En geen drome nie.

Kinders kry seer. Mans kry seer. Vrouens kry seer. Vriendskappe word verwoes. Finansies raak ‘n afwaartse spiraal. Dis onnodig….

Die hartseer realiteit is dat spyt vir baie mense te laat kom. Ons sien dit elke dag hier in die INTIEM kantoor. Ons kry briewe van mense wat STUKKEND is, mense wat vasgevang is in ongelukkige huwelike, mense wat mishandel word (fisies en/of emosioneel), mense wat uitgevind het daar is ‘n derde persoon in die huwelik – die ware verhale wat ons hier met jou kan deel sal jou hare laat rys.

Waarmee sukkel mense die meeste? Mense raak verveeld. Gefrustreerd. Mense leef verby mekaar. Hulle praat, maar hulle HOOR mekaar nie. Het jy al gehoor van die “onsigbaar sindroom”? Dalk weet jy self hoe dit voel om in die geselskap te sit, maar te voel jy kon net sowel nie daar gewees het nie? Daar was onlangs ‘n baie treffende foto op Facebook, van oorle Robin Williams (die komediant wat sy eie lewe geneem het, omdat dinge vir hom net te veel geraak het). Aan die een kant van die foto was iemand met ‘n baie hartseer, donker gesig. Aan die ander kant van die foto was Robin Williams met ‘n groot glimlag en ‘n hanswors neus… Die byskrif was: “Die foto van die donker, hartseer gesig is nie hoe ongelukkigheid lyk nie… Die foto van Robin Williams is wel”. Is dit nie so waar nie? Net omdat jy VOORGEE dat alles reg is (dalk sit jy vir jouself ‘n groot glimlag en hanswors neus op om die werklikheid te vermy) beteken nie dat alles “okay” is nie.

So wat is die oplossing? Waar begin ‘n mens? Wat los mens om weer aan jou huwelik te werk? Want kom ons wees eerlik wanneer kinders deel van jul huwelik word is daar soms min (of geen) tyd meer oor vir jou maat of jou huwelik nie… Die realiteit is jou kinders is afhanklik van jou en jy weet jou maat kan op sy eie regkom, maar almal weet as jy vir ‘n plant lank genoeg nie water gee nie gaan die blare begin verkleur en wanneer jy weer sien hou die plant op met groei en geen water op aarde kan daai plant weer aan die lewe kry nie…

Jy gaan die besluit moet maak en besef om jou huwelik eerste te sit beskerm jy jou kinders van baie hartseer! Ons gaan moet besef dat ons huwelik, ons maat en ons gesin werklik saak maak. Dit is die moeite werd om tyd, energie, geld, liefde in jou huwelik te belê! Maak eers hierdie besluit, voordat jy aanhou om te lees!

Nou vir die volgende stap – Hoe?

In samewerking met Marriage Capsule, wil INTIEM ‘n verskil in JOU lewe maak. Ons wil die lewe vir jou makliker maak deur om vir jou te leer hoe om jouself en jou maat beter te verstaan. Hoe om te praat sodat julle mekaar kan HOOR, nie net om die stiltes te vul nie. Ons wil jou help ontdek hoe jy weer van voor af op jou maat verlief (en lief!) kan raak. En nee, moet asb nie dink ons het die kursus ontwikkel uit die standpunt waar dit altyd goed gaan in ons huwelike nie. Ons kry ook swaar, ons maak ook foute. Ons gaan ook deur egskeidings… Maar ons het besluit om die goed, die sleg, die soet en die suur van die laaste 12 jaar te neem, en dit aan te wend om ‘n VERSKIL te maak. Om huwelike te verbeter. Om huwelike te red. Om stukkende harte te help heel maak. Om die seer en verwoesting van gebroke verhoudings op die oorlogsveld te gaan aanvat en te sê: Tot hiertoe en nie verder nie!

En beste van alles is, jy hoef dit nie alleen te doen nie! Ons gaan week vir week die pad saam met jou stap, jou aanmoedig (en bemoedig), jou ondersteun en jou versterk. Meer hieroor later in die artikel…

So bietjie agtergrond oor INTIEM en Marriage Capsule…. Voor jy ons vertrou met jou huwelik, wil jy tog seker weet dat ons darem so ding of twee VERSTAAN van die huwelik?

  • In 2006 begin ons INTIEM Tydskrif, SA se nommer 1 Huwelikstydskrif. Ons leer paartjies om hard te werk in hul huwelike, maar ook om mekaar te GENIET.
  • 12 jaar later, met meer as 100 uitgawes agter die rug, verander ons INTIEM Tydskrif na INTIEM Digitaal – Ons visie is om nou al die inligting GRATIS beskikbaar te maak, en nie net vir mense wat die tydskrif kan bekostig nie.
  • In 2013 begin ons met SA Huweliksweek / SA Marriage Week… ‘n weeklikse viering van huwelike wat wêreldwyd gevier word. Ons neem hande met radio stasies, televisie, glanspaartjies en ander rolspelers en ons fokus weer op die belangrikheid van ‘n gelukkige huwelik – hierdie jaar maak ons weer so!
  • Ons het 5 romantiese bootreise agter die rug, waar paartjies in hul huwelike kon investeer en hul troubeloftes kon hernu.
  • Op meer as 50 paartjie- en vrouedae het ons al saam gelag, gehuil en geleer… weereens is die tema hier gesonde en gelukkige huwelike. Die terugvoer was altyd so lekker – paartjies het ons vertel hoe hulle gehuil het van die lag, maar terselftertyd soveel waardevolle “pitkos” uit die dag kon kry wat hulle weer op hul huwelik kan gaan toepas.
  • Ons het ‘n span professionele mense agter ons met elke ding wat ons aanpak – huweliksberaders, seksuoloë, redaksiespan en die res van die dinamiese dames wat deel vorm van INTIEM.
  • Die volgende stap was om die 12 jaar se inhoud, ondervinding, lag, leer en lekker saam te vat in ‘n huwelikskursus wat ons glo die wêreld gaan verander! Dit is die heel eerste “gamified” (interaktiewe) huwelikskursus (waarvan ons weet) wat net EEN doel voor oë het: Om JOU huwelik te verryk, te versterk en te verbeter!

Hier is sommer net ‘n handjievol briefies wat ons al gekry het, van mense wat reeds Marriage Capsule voltooi het:

Ons is mal daaroor!!! So ‘n interessante manier van aanbieding! Dankbaar vir julle! Ons kyk met nuwe oë na mekaar! – Anime

What a fantastic session. Our kneecap session resulted in just chatting and reversing back to some of the questions, moving forward again and then the questions grew into spontaneous other questions and wow, it was so good to just hear one anothers hearts…so precious! – Sonya

Die LOFS ontleding was regtig ‘n eye opener en werklik akkuraat! – Janine

Wat n openbaring!! – Petro

#week2 I’m a LakeOcean and hubby is an OceanSnow. What a combination I was so excited about my husband’s results in order for him to actually SEE who he is and what he can accomplish in life. Oh, the discoveries we still have to make #9monthsofmarriage – Corlette
What I love about this week’s challenge is that we are actually talking openly and for the first time there is more honesty. Husband talking more openly – #best decision we made together to this course for us and our marriage – Alida

Due to the fact that I work long hours and in a emotional and mentally challenging environment, hubby and I only got to do level 1 today. For the first time in 38 years we looked at our marriage through a magnified glass with the challenging questions, we spoke so openly about the questions and sometimes even ended up laughing but we learnt quite a lot about what is actually going on in one another’s hearts. A great start to a very good investment. One can so easily just become housemates as spoken about in level one, especially after being married for so many years. – Sonya

Wow, level 1 was a challenge but interesting. Definitely touching on topics one doesn’t normally discuss. – Petra

We enjoyed this wonderful adventure together – to get to know one another better and to grow closer to each other. We can recommend Marriage Capsule to any one. – Dirk and Lorraine

We finished the course and it was really fun and we learned a lot about communication. We are 57 years old and in our second marriage. We have been married for 5 years now. The role of the man and wife in a marriage as well as the type of personality shed light on our own communication challenges. Our age group and being in a second marriage, we have to work really extra hard to renew our minds and understand a partner that has been in the same mind frame for ever. We really enjoyed the easy flow of the whole course and the positive and fun way you approached every area. There is no wrong or right way, it was all based on understanding and celebrating everyone’s uniqueness and strengths. – Steveleen

This course re-evaluates the foundation on which our commitment is build, and provides the tools to strengthen our relationship and love with one another! Thanks! Giel & Shani

“It was a black day in my life when I bought Marriage Capsule Method on Black Friday. 10 Days later and wow! I want to buy a bundle of these courses for all the people in my life. Thank you! – Servaas

As Marriage Capsule is accessible online, it gives us the flexibility to work through the levels on our own time, and to meditate on the content before moving on to the next topic. This is especially helpful as we have a baby and find it difficult to set aside long periods to attend a marriage course or watch long dvds, for example. We especially enjoyed the “knee cap” session where we could look each other in the eye and be real about the status of our marriage. The gamification of the course is something unique and makes it interesting and interactive. If you have done marriage courses in the past and are looking for something new, or if you or your spouse find courses or reading books dull, then we would definitely encourage you to try Marriage Capsule! – Kobus and Alet-Marie

Nou wat nou…??

Is jy gereed om in jou huwelik te belê?

Is jou moeg vir ‘n lou-warm huwelik?

Besef jy hoe kosbaar jou huwelik (vir jou en vir jou kinders) is en dat jy voortdurend daaraan moet werk?

Dan is dit nou die tyd om INTIEM / Marriage Capsule 7 week uitdaging in jou huis te nooi!

As jy “ja” sê vir hierdie 7-weke uitdaging kry jy die volgende:

  • ‘n 7 stap Huwelikskursus (7 weke) wat INTIEM saam met jou gaan doen!
  • Elke week kry jy ‘n spesifieke les/uitdaging wat jou huwelik gaan versterk!
  • Jy word deel van ‘n spesiale (geheime!) Facebook groep waar jy toegang het tot ‘n huweliksberader!
  • Jy het voortdurende kontak met ‘n mentor wat daar is vir raad, idees en ondersteuning.
  • Daar is selfs glanspaartjies wat jou tydens hierdie 7 weke gaan motiveer en aanspoor (vir nou hou ons die paartjies se name ‘n geheim…)

Maar voordat ons jou ‘n kans gaan gee om deel te neem wil ons graag vir jou ‘n storie vertel van ‘n paartjie – hierdie storie is nie ‘n unieke storie nie, maar is iets wat in baie gesinne plaasvind… Jy het dalk voorheen die begin van hierdie storie gehoor, maar het jy die einde gehoor?

Gee vir jou huwelik, jou gesin, jou kinders ‘n kans om die tuiste te hê waarvan jy nog altyd gedroom het! Ons maak die lewe vir jou sommer nog makliker en vat al die raad oor ‘n gesonde huwelik en gesin en som dit op in 7 fundamentele stappe vir ‘n gelukkige huwelik!

KLIEK hier vir die storie, die video en die geleentheid wat jou huwelik en gesin op een of ander manier sal verander!