Die menslike liggaam verloor voortdurend water, veral in die warm somermaande.Om aan jou liggaam se hidrasie-behoeftes te voldoen, is dalk nie iets waaraan jy dalk gereeld dink nie. In die somermaande moet jy doelbewus sorg dat jy gehidreerd bly en as jy aan diabetes ly, is die uitdaging selfs groter.

Promosie

Mense wat aan diabetes ly, het ’n verhoogde risiko om te dehidreer. As jy boonop nierprobleme het, kan jy sukkel om elke dag genoeg vloeistof in te neem. Help jou maat en gesinslede om bedag te wees op die tekens van dehidrasie en moedig mekaar aan om goed na julself om te sien.

Simptome van dehidrasie:
• Erge dors
• Hoofpyn
• Droë mond en droë oë
• Duiseligheid
• Moegheid
• Donker urine
• Lae bloedsuiker
• Ingesonke oë
• ’n Flou polsslag of vinnige hartklop
• Verwardheid
• ’n Gebrek aan energie en entoesiasme

Wat veroorsaak dehidrasie?
• Lae vloeistofinname
• Warm weerstoestande
• Uitmergelende oefening
• Hoë bloedglukosevlakke
• Oormatige alkohol
• Diarree
• Naarheid
• Diabetes insipidus

Dehidrasie en bloedglukosevlakke
As jou bloedglukosevlakke vir lang tye hoër is as wat dit moet wees, gaan jou niere probeer om van die oortollige glukose in die bloed te verwyder en dit uit te skei as urine. Terwyl die niere die bloed op hierdie manier filtreer, word water uit die bloed verwyder en moet dit aangevul word. Dit is waarom jy geneig is om dors te wees wanneer jou bloedglukosevlak te hoog is.

Wanneer jy water drink, help dit om die bloed te rehidreer. ’n Ander metode wat die liggaam gebruik, is om water van ander bronne in die liggaam te onttrek soos spoeg, trane en om gestoorde water uit die selle van jou liggaam te neem. Dit is waarom jou mond en oë droog voel wanneer jou bloedglukosevlak hoog is. Wanneer jy nie toegang tot drinkwater het nie, vind die liggaam dit moeilik om glukose uit die bloed te skei via urine. Dit sal verdere dehidrasie veroorsaak soos wat die liggaam soek vir water in ander selle van jou liggaam.

Handhaaf gesonde vloeistofbalans
Jy moet daaraan werk om die vloeistofbalans in jou liggaam te handhaaf. Hoe doen jy dit? As jy sukkel om baie water te drink, kan jy dit natuurlik geur met komkommer, aarbeie, kruisement of ’n skyfie suurlemoen. Sorg dat jy altyd rehidrasie-drankies soos Nudrate se WHO osmolariteit-formule in die huis het en neem dit veral ook saam met jou op vakansie. Pak ook rehidrasie-drankies in jou rugsak wanneer jy gaan stap of neem dit saam as jy fietsry. Dra ligte klere en beskermende hoede wanneer julle vir lang tye in die son is.

Somertyd is sinoniem met die buitelug en aktief wees, maar onthou om jou en jou gesin te beskerm teen dehidrasie deur voorkomend op te tree en mekaar te herinner aan gesonde vloeistof-inname!

Vir meer inligting besoek nudrate.co.za