Stamselle red lewens. Met jou baba se geboorte het jy die keuse om van dit ontslae te raak as mediese afval of om dit te bank. Maak ’n ingeligte besluit.

Ses stamsel feite

1. Stamsel oorplantings is ’n aanvaarde mediese prosedure wat lewens red
Stamselle vervang voortdurend dooi of siek selle met gesondes om die normale funksionering van die liggaam in stand te hou. Wanneer hierdie selle nie meer funksioneer nie word bloed-stamsel-oorplantings gedoen.

Meer as een miljoen bloed-stamsel-oorplantings is oor die afgelope 50 jaar wêreldwyd voltooi en naelstring-stamselle is in meer as ’n derde van hierdie gevalle gebruik. Dit het hoop gegee vir mense met beenmurg gebrekke, bloed kanker, bloed versteurings, metaboliese siektes, immuuntekorte en outo-immuun siektes.

2. Die beste tyd om stamselle te kollekteer is met geboorte
Stamselle verouder soos ons verouder, dus is dit met geboorte die beste tyd om dit te kollekteer. Hierdie selle is nog nie aan besoedeling of swak lewenstyl keuses blootgestel nie en hierdie jonger, gesonder selle kan dus fantastiese terapeutiese moontlikhede en beter oorplantings resultate bied.

3. Stamselle van naelstring-bloed hoef nie 100% ooreen te stem om oorgeplant te word nie
Alhoewel jou baba se naelstring-bloed-stamselle 100% ooreenstem om weer oorgeplant te word, is daar ’n 25% moontlikheid dat dit ook 100% ooreenstem met ’n broer of suster. Maar, anders as met beenmurg oorplantings, hoef dit dikwels nie 100% ooreen te stem vir oorgeplanting nie en die moontlikheid om ’n geskikte skenker te kry is heelwat hoër.

4. Stamsel kolleksie is ’n veilige mediese prosedure
Die kolleksie van stamselle vanaf die naelstring is vinnig, pynloos en nie-indringend. Dit is glad nie ’n mediese risiko vir ma of baba nie aangesien dit na geboorte gedoen word. Dit is moontlik om die twee te kombineer met ’n vertraging in die afbinding van die naelstring en kan met ’n vaginale en keisersnee geboorte gedoen word.

5. Jy kan jou tweede kind se stamselle stoor as jy dit nie vir jou eerste kind gestoor het nie
Omdat naelstring-bloed-stamselle nie ’n perfekte ooreenstemming benodig vir oorplanting nie, is die moontlikheid dat broers en suster vir mekaar kan skenk heelwat hoër. As jy dus jou tweede kind se stamselle stoor, is dit moontlik, afhangende van die mate waarin hulle ooreenstem, om ’n ander kind of onmiddellike familielid te behandel indien ’n stamsel oorplanting benodig word.

6. Stamselberging is bekostigbaar en beskikbaar in Suid-Afrika
Cryo-Save stoor vanaf 2000 naelstring-stamselle vir families reg oor die wêreld. Dit is die vooraanstaande familie stamselbank in Europa en is vyfde op BioInformant se ranglys van die mees invloedryke naelstring-bloed-banke in die wêreld. Cryo-Save Suid-Afrika bied plaaslike en internasionale berging opsies in Pretoria of Europa vir naelstringbloed en -weefsel. Die plaaslike laboratorium voldoen aan die hoogste internasionale akkreditasie standaarde.

Cryo-Save bied verskeie koste opsies en rentevrye betaling van so min as R273 per maand om naelstringbloed en –weefsel te stoor. Vir meer inligting besoek: www.cryo-save.co.za