• Voel jy traag of uit ritme uit?
• Het jy spysverterings probleme of ongewenste gewigstoename?
• Urinering wat sleg ruik, seer is of brand?

Lente is ’n natuurlike tyd om ontslae te raak van die oortollige toksines wat opbou as gevolg van die lui winter roetines, vakansie stres en emosionele eet sessies terwyl mens in die tydperk spysverteringstelsel ook voorberei vir ligter maaltye en die verteringsprosesse ’n hupstoot gee.

Wat is ontgiftiging?
Ontgiftiging (’n detoks vanaf die Engelse ‘detoxification’) is ’n proses om die toksines of onsuiwerhede in jou sisteem te verwyder om sodoende siekte te voorkom, gesondheid en herstel te bevorder. Vas, reiniging, kolonspoel, induksie van braking, eliminasie dieet, verhongering, enemas, sauna behandeling, stoombaddens, en bloedlating is ’n paar voorbeelde.

Reël jou detoks reg?
’n Detoks program kan voordelig wees in tye van verhoogde blootstelling aan toksines soos gedurende seisoenswisselings, veeleisende omstandighede, verlengde gebruik van medikasie of dwelms, nadat mens siek was, oormatige gebruik van alkohol of gemorskos.
’n Detoks is nie veronderstel om ’n quick fix te wees nie, maar moet eerder deel wees van ‘n lang-termyn program om gesonde gewoontes te kweek soos oefening, gebalanseerde diëte, slaap, rus en ontspanning.

Maak ’n wyse, sinvolle besluit en geniet!
’n Detoks program wat jou liggaam se natuurlike detoks kapasiteit op ’n gekoördineerde wyse ondersteun en bevorder om ’n dieper en meer deeglike verwydering van toksines te bewerkstellig, is ideaal. Dit moet ook die kapasiteit vir antioksidante ondersteun om die oksidatiewe stres wat tydens ’n detoks kan voorkom, te beveg.

Vir ’n super kragtige kruie detoks, probeer Kaperbos, gemmer, borrie, rietgras, arjuna en trikatu. Geniet die mengsel van kruiemiddels wat jou liggaam toelaat om homself op ‘n strelende wyse te reinig. ’n Aangename manier om daagliks natuurlik verfris te voel!

Skryf nou in en staan die kans om ‘n Himalaya geskenkpak te wen!

    * Neem asb kennis dat jou persoonlike inligting aan GEEN derde partye verskaf word nie! Deur aan ‘n INTIEM kompetisie deel te neem, gee jy toestemming dat ons jou besonderhede vir INTIEM bemarkingsdoeleindes (bv nuusbriewe) kan gebruik, maar met die onmiddellike opsie om van die lys verwyder te word indien jy nie verdere korrespondensie wil ontvang nie.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Inskrywings sluit 10 Oktober 2017 om middernag.