Ons het ons van die INTIEM mense gevra wat die beste huweliksherdenking geskenk is wat hulle nog ooit gegee of ontvang het… hier is ‘n paar van die antwoorde…

“Op ons eerste huweliksherdenking het my man sy werk verloor. Die geld was maar min en hy het self uit hout ’n hartjie gemaak wat sê: ‘Joune sinne vir altyd’. Dit is ’n geskenk wat ná alles nog vir my uitstaan.” – Charlene

“Ek het met ons eerste huweliksherdenking ’n raam gemaak wat ingesink is sodat ’n mens scrapbooking binne-in kan doen. Ek het ons troukaartjies se oorblywende papier (dit is mos die tradisionele geskenk vir een jaar) gebruik en ons troufoto’s gescrap. Ek het ook ’n horlosie in die middel gemaak, want tyd is die moderne geskenk vir die eerste herdenking. Ek het soveel liefde en tyd daarin gesit. My man het in trane uitgebars, want ons is albei kreatief en hy het die tyd en moeite só waardeer.” – Yolandie

“Om uit te vind ons was swanger met ons eerste babatjie – dit was op ons derde huweliksherdenking.” – Melinda

“My pers Blackberry!” – Crystal

“Gister was ons tweejarige herdenking en my man het verlof geneem vir die dag. Ons het die hele dag saam deurgebring en gaan uiteet. Blomme en geskenke word op random dae aangedra …” – Anri

“’n Tweede kans …” – Chantelle

“’n SLK200. Ja, ek het só breed geglimlag.” – Anne-Marie

“My man se lewe! Hy is ’n dag voor ons huweliksherdenking in Witbank gekaap. Ek was nog nooit so dankbaar vir iets soos daardie dag nie. Dit was boonop drie weke voor ons seuntjie se geboorte.” – Maritza

“Ons is teen die einde van April eers vier jaar getroud, maar vir ons eerste huweliksherdenking het ons die mooiste skildery vir ons kamer gekoop. Die simbool is mos papier! Die skildery hang nou bo ons bed … o, die liefde is leka! – Dini