Die speletjie wat jy weer en weer sal wil speel!

Jy het nodig:

  • 1 Bandana
  • 1 Tydmetertjie (Julle kan sommer jul selfone s’n gebruik)
  • 40 Plesierkaartjies met verskeie opdragte
  • 5 Tydkaarte

Vanaand is tyd vir ontspanning – met ’n sexy ondertoon. Daar is net iets opwindends aan die idee van ’n verrassing! Die afwagting jaag jou bloeddruk op en die onverwagse, slaan jou voete onder jou uit.

Die speletjie werk só: Skryf elk van die opdragte hier onder op kaartjies. Dis jou plesierkaarte.  Plaas al die plesierkaartjies onderstebo op die bed (sodat die opdrag na onder wys). Draai ook die tydkaarte om. Dít maak jy ook deur vyf kaartjies te neem en die tydgrepe hieronder daarop te skryf.

Elkeen van julle kry ’n beurt om 1 tydkaart en vyf plesierkaarte te trek. Hou jou kaarte toe, sodat jou maat hulle nie kan sien nie (en as jy weet hy/sy is die tipe wat sal koekeloer, steek hulle weg). Jy moet die vyf opdragte wat jy getrek het binne die bepaalde tydsduur voltooi  -maar eers moet jy jou maat blinddoek! Sodra hy/sy geblinddoek is, kan jy jou opdragte deel en wegspring! Maak beurte tot al die kaarte getrek is. Geniet elke oomblik (kortstondig óf uitgerek!)

VYF TYDKAARTE:

  • 20 SEKONDES
  • 40 SEKONDES
  • 1 MINUUT
  • 2 MINUTE
  • 5 MINUTE

PLESIERKAARTE

  1. Net piksoene
  2. Onderklere uit! (julle albei)
  3. ’n Soen op enige plek van jou keuse. . .
  4. ’n Lekker smeulende oopmond-soen!
  5. Gee jou maat ’n hickey. . .
  6. Kielie jou maat
  7. . .
  8. Knibbel jou maat se oor
  9. Soen jou maat se naeltjie
  10. Posisie nommer 69!
  11. Vroetel waar jy wil. . .
  12. Soen jou maat se ruggraat. . .
  13. Trek jou klere sensueel uit
  14. Gee jou maat ’n kop-en-skouer massering
  15. Streel jou maat onder die arm – Dirty Dancing style!
  16. Masseer jou maat se voete
  17. Piets jou maat liggies met ’n haarborsel!
  18. Trek een kledingstuk van jou maat se keuse uit
  19. Beweeg vir 30 sekondes met die punt van jou tong oor jou maat se lyf
  20. Fluister iets stouts in jou maat se oor
  21. Gee jou maat ’n Pluto (tong in die oor!)
  22. Kyk hoe naby kan jy jou lippe aan jou maat s’n hou (sonder om te raak!)
  23. Trek een van jou maat se kledingstukke met jou tande uit. . .
  24. Deel jou diepste fantasie met jou maat
  25. Se vir jou maat wat is sy/haar sexyste eienskap
  26. Skryf vir jou maat ’n stoute WhatsApp . .
  27. Werk uit hoeveel dae lank julle mekaar ken. . .
  28. Deel jou mooiste oomblik van jul huwelik
  29. Quickie! In 30 sekondes!
  30. Steek jou hande onder jou maat se onderklere in. . .
  31. Deel met jou maat ’n herinnering uit jou kindertyd
  32. Tango deur die kamer!
  33. Skryf vir jou maat ’n boodskap op die spieël!
  34. Deel met jou maat ’n droom vir jul huwelik
  35. Vertel jou maat aan watter celeb hy/sy jou herinner
  36. ‘Ontwerp’ saam met jou maat ’n nuwe posisie vir die slaapkamer
  37. Borsel jou tande en gee jou maat ’n pepermentsoen!
  38. Deel die hoogtepunt van jul troudag met jou maat
  39. Vertel jou maat wat was die oomblik toe jy jou hart verloor het
  40. Sing vir jou maat ’n love song!