Word jy gereeld daarvan aangekla dat jy jou huweliksmaat wil beheer? Is jy oourtuig daarvan dat jy altyd die beste weet hoe om dinge te doen? Dink jy gewoonlik dat jy “reg” is in die verhouding?

As jou antwoorde op hierdie vrae “Ja” is, dan is jy moontlik ‘n persoon wat die meeste van die tyd in beheer wil wees en gemaklik daarmee is om beheer te neem.
Meeste van die tyd word hierdie eienskap as uiters negatief ervaar en beleef in ‘n verhouding. ‘n Persoon wat altyd beheer wil baie keer daarmee ophou, veral in ‘n verhouding waar hulle duidelik ervaar dat hulle hul maat seermaak.

Om dit te kan regkry moet egter verstaan word wat beheer is en wat beheer nie is nie.

So wat is beheer?

Beheer is die mag om ‘n ander persoon se gedrag of die vloei van omstandighede so te beïnvloed dat dit die wense en die waardigheid van ‘n mens of mense beïnvloed rondom die persoon wat die beheer uitoefen.

Dit is interessant om te weet dat die wortel van alle beheer eintlik vrees is. Vrees vir verwerping, vrees vir die moontlikheid dat dinge verkeerd kan gaan, die vrees om kwesbaar te wees.

Beheer veroorsaak dat mense begin om op te tree soos wat die persoon wat die beheer uitoefen wil hê. Gewoonlik werk dit omdat die persoon wat beheer, met die gevoelens van die persoon of persone met wie hulle omgaan. Die persoon wat beheer gebruik dinge soos vrese, behoefte aan konneksie en sensitiwiteite van die ander persoon om hierdie beheer uit te oefen.

Beheer is egter nie:

– Om grense af te dwing nie
Byvooorbeeld, as ‘n persoon nie toelaat dat mense vir hulle sê wat hulle in areas moet doen wat hulle gesondheid en identiteit sal beïnvloed nie. Dit is nie beheer nie, maar om ‘n grens af te dwing.

– Om versoeke te rig nie
Om ‘n versoek te rig is om iemand iets te vra en dit dan aan die persoon oor te laat om dit vir jou te doen. Dit is nie beheer nie. As die persoon egter nie doen wat gevra word nie en daar word op gevoelens gespeel, soos byvoorbeeld stilstuipe of dreigemente van negatiewe gevolge, dan is dit beheer.

Daar is verskillende maniere van beheer uitoefen.

Hier is van die meer prominente maniere:
-’n Persoon wat domineer en baasspelerig is.
– ‘n Persoon wat baie praat oor wat gedoen moet word.
– ‘n Persoon wat aanhoudend ‘n gesprek staak of inbreek in ‘n gesprek.
– ‘n Persoon wat altyd reg moet wees.
– ‘n Persoon wat erge gemoedskommelinge het.

Dan is daar mense wat minder direk beheer wil uitoefen:
– Mense wat martelaar speel.
– Mense wat ander laat skuldig voel.
– Mense wat verwag dat jy hulle gedagtes moet kan lees.
– Mense wat daarop aandring dat hulle maat dinge moet doen wat hulleself kon doen.
– Mense wat onttrek en die stilbly-speletjie speel.

Hier volg vier maniere wat ‘n persoon wat wil beheer kan volg om die gedrag te kan stop:
1. Identifiseer jou snellers: Wat gebeur net voordat jy voel dat jy beheer moet neem van ‘n situasie? Voel jy bedreig? Wanneer tree jy gewoonlik so op? Wat is die herhalende faktore?
2. Begin fokus op en kyk na jou vrese en behoeftes: Fokus dus meer op jouself en nie meer na buite nie. As jy bewus raak van die feit dat jy besig is om te beheer, vra die vraag: “Wat vrees ek op die oomblik?” en ook “Wat het ek nou nodig?” Werk daaraan om eerder te vra wat jy nodig het. Mense is bereid om te help.
3. Haal jouself uit die prentjie uit: Daar is ‘n groter prentjie. Kyk na dinge vanaf ‘n “Ons-perspektief” en nie in terme van wat jy alleen wil hê nie.
4. Vertrou jouself: Vra en dan laat jy dinge gaan. Neem die risiko om teleurgesteld te staan. Besef dat jy meer in jou het om dinge te kan hanteer as wat jy self dink. Vind uit wat gebeur as jy nie dinge beheer nie. Val dinge uitmekaar as jy dit nie beheer nie? Vertrou die proses om informasie by mekaar te maak.

Om beheer te laat gaan neem ‘n stap van geloof en ook ‘n skuif uit dit wat vir jare aan jou bekend was.
Gee jouself grasie en genade en vra jou maat om jou in hierdie nuwe uitkyk te ondersteun.

Artikel deur Kobus van Connection Impact